Kun­dig­heid lê by pri­va­te sek­tor en Land Bank

Die pri­va­te sek­tor kan grond voor­sien op ’n ma­nier wat her­vor­ming sal laat werk. Twee e­ko­no­me gee kon­struk­tie­we voor­stel­le om grond­her­vor­ming te versnel.

Landbouweekblad - - Inhoud -

Die bes­te ma­nier om vin­nig grond­reg­te aan die mees­te SuidA­fri­ka­ners te­rug te be­sorg, bly ’n doel­tref­fen­de grond­her­vor­mings­pro­ses met die mi­ni­mum staats­be­trok­ken­heid. Ons sie­ning daar­oor stem min of meer oor­een met dié van regs­ge­leer­des, soos ad­vo­ka­te Tem­be­ka Ng­cu­kai­to­bi en T­hu­li Ma­don­se­la, as­ook die ANC se eie stand­punt wat die par­ty op sy on­lang­se grondberaad aan­vaar het.

Dié stand­punt stel dit dat die hui­di­ge be­pa­lings van die Grond­wet wat ont­ei­e­nings­mag­te ver­leen, on­mid­del­lik toe­ge­pas moet word om die gren­se van die ver­goe­dings­klou­su­le te toets voor ’n wy­si­ging van die Grond­wet oor­weeg word.

Dit maak voor­sie­ning vir ’n om­vat­ten­de grond­her­vor­mings­pro­gram met dui­de­li­ke be­gin­sels wat in die Grond­wet ver­vat word. Die Grond­wet gee ook aan die staat ’n dui­de­lik ge­de­fi­ni­eer­de taak om grond­her­vor­ming, waar­on­der be­sit­reg­her­vor­ming, in die voor­ma­li­ge tuis­lan­de in wer­king te stel.

Die Grond­wet is dus nie die strui­kel­blok om grond aan die meer­der­heid van Suid-A­fri­ka se in­wo­ners te­rug te be­sorg nie, maar die be­lang­rik­ste be­mag­ti­gen­de in­stan­sie wat die Re­ge­ring in staat stel om dit te doen.

Ons wil dus pro­beer om ’n werk­ba­re plan vir die ver­ant­woor­de­li­ke, maar doel­tref­fen­de her­ver­de­ling van land­bou­grond ter ta­fel te lê.

Ons plan is ge­grond op die be­gin­sels wat in hoof­stuk 6 van die Na­si­o­na­le Ont­wik­ke­lings­plan be­klem­toon word. Ons voor­sien eg­ter ter­self­der­tyd ’n ge­leent­heid vir kom­mer­si­ë­le boe­re, land­bou-on­der­ne­mings en die pri­va­te sek­tor om be­heer van die pro­ses oor te neem.

VER­SE­KER REG­VER­DI­GE VERDELING

Op ’n on­lang­se pa­neel­be­spre­king by die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat het prof. Lun­gi­si­le Nt­se­be­za van die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad land­bou-u­nies uit­ge­daag om ty­dig grond vir die grond­her­vor­mings­pro­gram be­skik­baar te stel. Wat ons hier on­der voor­stel, kan as ’n plan be­skou word om pre­sies dít te doen. Dit sal eg­ter ook ’n rig­lyn aan boe­re, land­bou-on­der­ne­mings en fi­nan­siers ver­skaf om ak­tief en op ’n ver­ant­woor­de­li­ke en vol­hou­ba­re ma­nier tot grond­her­vor­ming en die ves­ti­ging van kom­mer­si­ë­le swart boe­re by te dra. Ons be­no­dig ’n om­vat­ten­de pro­ses wat op na­si­o­na­le vlak toe­ge­pas word en dui­de­li­ke kri­te­ria vir die kies van be­guns­tig­des stel.

Die pri­va­te sek­tor moet ’n pro­ses deur­voer waar­deur goed ge­leë plaas­grond ge­ï­den­ti­fi­seer en vir grond­her­vor­ming ge­oor­merk word, be­guns­tig­des moet ge­kies word en fi­nan­sie­ring, men­tor­skap en on­der­steu­ning moet daar­ge­stel word.

Die dis­triks­grond­her­vor­mings­ko­mi­tees, wat in hoof­stuk 6 van die Na­si­o­na­le Ont­wik­ke­lings­plan in die voor­uit­sig ge­stel is, sal met ’n kom­bi­na­sie van boe­re, land­bou-on­der­ne­mings, fi­nan­siers, do­na­teurs en be­guns­tig­des uit die ge­meen­skap tot stand ge­bring word, en sal die mi­ni­mum deel­na­me van die Re­ge­ring ver­eis.

Hoewel die dis­triks­grond­her­vor­mings­ko­mi­tees in 2015 tot stand ge­kom het, heers daar groot ver­war­ring oor hul rol, funk­sies en ver­ant­woor­de­lik­he­de. Meer as die helf­te van die deel­ne­mers is boon­op staats­amp­te­na­re.

Ge­volg­lik funk­si­o­neer die dis­triks­grond­her­vor­mings­ko­mi­tees nie op­ti­maal nie en baie raak on­ak­tief. In teen­stel­ling daar­mee voor­sien ons voor­ge­stel­de plan dat die pri­va­te sek­tor, met die sa­me­wer­king van be­guns­tig­des, be­heer van die pro­ses oor­neem. Staats­amp­te­na­re moet liefs nie in dié ko­mi­tees dien nie.

Die pri­va­te sek­tor be­hoort ver­nu­wen­de ma­nie­re te kan vind om die ver­kry­ging van grond te fi­nan­sier. Hul­le moet dus ’n deel van hul eie geld toe­wys om die land­bou-om­ge­wing te trans­for­meer om ’n reg­ver­di­ger verdeling van land­bou­grond te ver­se­ker.

’n Vin­ni­ge, vol­hou­ba­re grond­her­vor­mings­pro­gram vir land­bou­grond wat deur die

Daar is geen no­dig­heid om die wiel te her­ont­dek, nu­we stel­sels te ont­werp en nu­we a­gripar­ke te bou nie.

pri­va­te sek­tor aan­ge­dryf word, soos hier­bo be­skryf, be­no­dig vier “pi­la­re” om die her­ver­de­ling van grond deur te voer son­der groot staats­ma­sji­ne­rie of om wet­te te wy­sig: ■ Voor­sien aan­spo­rings vir die pri­va­te sek­tor (waar­on­der boe­re en land­bou-on­der­ne­mings) om grond­her­vor­ming pri­vaat in wer­king te stel deur die een of ander er­ken­nings­me­ga­nis­me via die A­griBEE-tel­kaart of ander maat­staw­we vir le­wens­lan­ge be­sit.

■ Ver­skaf by­ko­men­de aan­spo­ring om boe­re te be­loon vir pri­va­te po­gings tot her­ver­de­ling met die toe­ken­ning van nu­we wa­ter­reg­te aan die be­staan­de én nu­we on­der­ne­ming (wat aan die be­guns­tig­de be­hoort). Dit sal die be­staan­de boer in staat stel om van grond ont­slae te raak en ter­self­der­tyd die suk­ses­vol­le ves­ti­ging van klei­ner pla­se op be­sproei­de grond ver­se­ker.

■ Ve­s­tig ’n grond­her­vor­mings­fonds by ’n bank in staats­be­sit (soos die Land Bank) en s­tuur dit van sta­pel deur een­vou­di­ge pro­ses­se en “een­stop”-pun­te waar al­le tran­sak­sies en toe­gang tot in­set­sub­si­dies, be­kom kan word.

■ Ge­bruik die be­gin­sel van hef­boom­fi­nan­sie­ring deur toe­gang tot die grond­her­vor­mings­fonds om boe­re in staat te stel om van grond ont­slae te raak vir grond­her­vor­mings­doel­ein­des, maar ter­self­der­tyd hul be­staan­de be­sig­heid uit te brei en meer wer­kers aan te stel. R20 MIL­JARD REEDS BE­SKIK­BAAR

Die skep van ’n “grond­her­vor­mings­fonds” by die Land Bank kan help om die vin­ni­ge her­ver­de­ling van grond te ver­ge­mak­lik. Ons be­pleit ’n een­vou­di­ge pro­ses waar­ty­dens staats­by­dra­es, by­dra­es deur boe­re en le­nings in ’n al­les-in-een-win­kel saam­ge­voeg word.

Geld is be­skik­baar by die De­par­te­ment van Land­bou, Bos­bou en Vis­se­rye in die Re­ge­ring se om­vat­ten­de steun­pro­gram vir die land­bou (CASP; R5,6 mil­jard oor die me­di­um­ter­myn-uit­ga­wer­aam­werk­tyd­perk 2018-’21), in I­li­ma/Let­se­ma se voor­waar­de­li­ke toe­ken­ning (R1,6 mil­jard), en geld ge­oor­merk vir grond­ver­kry­ging (R4,2 mil­jard), grond­her­vor­ming (R8,7 mil­jard) en steun ná ves­ti­ging (R1,5 mil­jard) by die De­par­te­ment van Lan­de­li­ke Ont­wik­ke­ling en Grond­her­vor­ming. Saam is daar dus al so­wat R20 mil­jard oor die vol­gen­de drie jaar be­skik­baar wat in dié fonds ge­stort kan word.

Dit is staats­geld wat nie ren­te­dra­end is nie en wat sal help met die sub­si­di­ë­ring van le­nings aan be­guns­tig­des vir grond­ver­kry­ging, sub­si­dies vir ver­be­te­rings op die pla­se en ge­sub­si­di­eer­de sei­soe­na­le kre­diet, soos in die pro­ses hier­bo uit­ge­lig.

Dié fonds kan ook die plek wees waar sken­kers se by­dra­es tot die grond­her­vor­mings­pro­ses in­be­taal kan word. In we­se sal die “grond­her­vor­mings­fonds” die hoof­e­le­ment wees van ’n ver­meng­de fi­nan­sie­rings­mo­del vir grond­her­vor­ming. Deur dié mo­del sal staats­geld, sken­kers­geld en by­dra­es deur die pri­va­te sek­tor deur mid­del van le­nings teen la­er of voor­keur­ta­rie­we die fi­nan­sie­ring van grond­her­vor­ming op ’n baie vin­ni­ger ma­nier – son­der e­ni­ge by­ko­men­de fis­ka­le las – be­werk­stel­lig. Die FIGUUR hier­bo gee ’n kort uit­een­set­ting van die mo­del. KUN­DIG­HEID LÊ HIÉR GESETEL

Dit sal nou sin­vol wees dat die grond­her­vor­mings­af­de­lings van die De­par­te­ment van Lan­de­li­ke Ont­wik­ke­ling en Grond­her­vor­ming met die De­par­te­ment van Land­bou, Bos­bou en Vis­se­rye ge­ïn­te­greer word so­dat al­le geld, optrede en staats­on­der­steu­ning vir die suk­ses­vol­le ves­ti­ging van be­guns­tig­des be­reik word. Dit sal dus ’n uit­brei­ding van die man­daat van die De­par­te­ment van Mens­li­ke Ne­der­set­tings ver­eis om ste­de­li­ke en pe­ri-ste­de­li­ke grond­her­vor­ming in te sluit.

Dit im­pli­seer dat die grond­her­vor­mings­pro­gram weer – soos in die tyd­perk van 1999 tot 2009 – on­der die be­sker­ming van die De­par­te­ment van Land­bou, Bos­bou en Vis­se­rye sal wees. Dit sal in noue sa­me­wer­king met die Land Bank wees, maar in we­se ge­de­sen­tra­li­seer na dis­trik­grond­her­vor­mings­ko­mi­tees en toe­ge­pas deur die pri­va­te sek­tor.

Die Land Bank se streeks­kan­to­re kan, met die hulp van plaas­li­ke kun­dig­heid (die pri­va­te dis­trik­grond­her­vor­mings­ko­mi­tee) in ’n baie be­ter po­si­sie wees om be­guns­tig­des te keur en te kies, en só ’n vin­ni­ge en suk­ses­vol­le her­ver­de­ling van land­bou­grond mee­bring.

Daar sal be­slis men­se wees wat on­ge­neë daar­mee is om die pri­va­te sek­tor te ver­trou om die op­drag tot grond­her­vor­ming te ge­hoor­saam. Dit is eg­ter so dat die fi­nan­sie­rings­mo­del­le, die be­stuurs­ver­moë, die on­der­steu­nings­net­wer­ke, die mark­te, die in­set­voor­ra­de en die kun­dig­heid al­les bin­ne die pri­va­te sek­tor gesetel is.

Daar is geen no­dig­heid om die wiel te her­ont­dek, nu­we stel­sels te ont­werp en nu­we a­gripar­ke te bou nie. Ons moet die be­staan­de stel­sels en net­wer­ke ge­bruik om die meer­der­heid van ons men­se te bemagtig. As dit ’n bie­tjie aan­moe­di­ging, ’n paar aan­spo­rings en ’n bie­tjie er­ken­ning en ver­troue verg, sal dit Suid-A­fri­ka goed doen en maat­skap­li­ke sta­bi­li­teit skep.

Boe­re, saam met kom­mo­di­teits­or­ga­ni­sa­sies en land­bou-on­der­ne­mings, kan die taak aan­pak om grond te her­ver­deel met mi­ni­ma­le staats­be­trok­ken­heid. Meer spe­si­fiek sal land­bou-on­der­ne­mings en kom­mo­di­teits­or­ga­ni­sa­sies ná die oor­drag van die grond steun en men­tor­skap aan be­guns­tig­des bied. Só word ’n in­klu­sie­we deel­na­me­pro­ses in die kom­mer­si­ë­le land­bou-e­ko­no­mie ver­se­ker.

In daar­die gees het ons meer ven­noot­skap­pe tus­sen die o­pen­ba­re en pri­va­te sek­tor no­dig, soos die grond­her­vor­mings­mo­del van die land­bou­sa­ke­ka­mer en die Bank­ver­e­ni­ging van Suid-A­fri­ka (die so­ge­noem­de Ag­biz/ Ba­sa-mo­del), as­ook die mo­del van die Land Bank en Af­gri, no­dig. Dié ven­noot­skap­pe moet ge­toets word om sa­me­wer­king tus­sen die Re­ge­ring en die pri­va­te sek­tor te skep, en op hul beurt ver­troue te bou.

Die ar­ti­kel het oor­spronk­lik in Bu­si­ness Day ver­skyn as deel van ’n reeks oor grond­her­vor­ming. Wan­di­le Sihlo­bo is hoof van land­bou­sa­ke­na­vor­sing by Ag­biz en prof. Jo­hann Kir­sten is di­rek­teur van die Bu­ro vir E­ko­no­mie­se Na­vor­sing aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Die A­fri­ka-mo­del van kom­mu­na­le boer­de­rye lei daar­toe dat die vas­te­land se pro­duk­sie­ver­moë sleg af­steek by die wê­reld s’n.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.