‘Moet nooit op­hou streef na ge­hal­te’

Om ’n goeie wyn te maak, is goed en wel. Maar om dit jaar ná jaar reg te kry, is ’n perd van ’n ander kleur. Mnr. A­brie Bee­slaar van Ka­non­kop, een van die wê­reld se bes­te wyn­ma­kers, vertel hoe hul­le dit reg­kry dat el­ke glas spog met daar­die ken­mer­ken­de Ka

Landbouweekblad - - Inhoud -

Die af­ge­lo­pe paar jaar het Ka­non­kop by­na uit sy na­te ge­bars. Wyn­pro­duk­sie het die hoog­te in­ge­skiet, ver­al dank­sy die Ka­det­te-reeks, waar­van hul­le tans 1,2 mil­joen bot­tels Ca­pe B­lend, 360 000 bot­tels Pi­no­ta­ge en 240 000 bot­tels Rosé maak.

Ka­non­kop kan son­der twy­fel as een van Suid-A­fri­ka se first gro­wt­hs ge­sien word, maar dit be­te­ken nie hul­le skeep hul plaas­li­ke mark af nie.

“Die mark trek har­der as wat ons stoot, daar­om was dit na­tuur­li­ke groei. Ons was s­treng daar­oor om ge­hal­te te hand­haaf son­der dat daar ie­wers pap op die grond val. In die ver­le­de het men­se ho­ë­vo­lu­me-wyn­han­dels­mer­ke ge­bou op (lae) pry­se, nie ge­hal­te nie. Ons pro­beer om dit teen ’n be­hoor­li­ke prys reg te kry, maar ook met ge­hal­te. Eint­lik het ons ’n nu­we ka­te­go­rie in die mark ge­skep,” vertel mnr. A­brie Bee­slaar, die e­nig­ste wyn­ma­ker wat al drie keer as Wyn­ma­ker van die Jaar aan­ge­wys kon word met die in­ter­na­si­o­na­le wyn- en spi­ri­tu­a­lie­ë­kom­pe­ti­sie in Lon­den, B­rit­tan­je.

“Dis fan­tas­ties om een jaar won­der­li­ke wy­ne te maak, maar hoe doen ’n mens dit 20 jaar in ’n ry? Be­sten­dig­heid is die een woord wat dik­wels mis­ge­kyk word as dit by groot han­dels­mer­ke kom.” In sy eer­ste oes­jaar by Ka­non­kop, 16 jaar ge­le­de, het die kel­der 400 ton drui­we ge­pars. Van­jaar was dit so­wat 3 000 ton, waar­van hul­le net min­der as 3 mil­joen bot­tels wyn ge­maak het. “Ons het die 1000 ton-kerf eers in 2011 ge­breek. Die af­ge­lo­pe drie jaar het ons van 1 500 ton tot 1 900 ton en toe tot 3 000 ton ge­groei.” A­brie stem saam dat Suid-A­fri­ka her­ken­ba­re, groot han­dels­mer­ke no­dig het wat ver­al in die bui­te­land vas­trap­plek kan kry, maar skerm vin­nig oor of Ka­non­kop dié rol gaan ver­vul. “’n Mil­joen bot­tels klink baie vir Suid-A­fri­ka, maar in wê­reld­ver­band is dit maar ’n drup­pel aan die em­mer . . .”

LANG GE­SKIE­DE­NIS

Hoe het dié be­ken­de S­tel­len­bos­se kel­der, wat sy naam te dan­ke het aan die kop­pie teen Si­mons­berg van waar ’n ka­non af­ge­vuur is om die om­ge­wing se boe­re te laat weet wan­neer hul­le kon gaan handel dryf in Ta­fel­baai­ha­we, dit reg­ge­kry om so te groei son­der om sy al­om­be­ken­de ge­hal­te in te boet?

Mnr. Jo­hann K­ri­ge, ei­e­naar, vertel Ka­non­kop is ’n fa­mi­lie­be­sig­heid wat al se­dert sy ou­pa­groot­jie se tyd van ge­slag tot ge­slag oor­ge­dra word. Sy ou­pa was die po­li­ti­kus Paul Sau­er, wat sy le­we lank sy be­roep as “wyn­boer” aan­ge­gee het. As lief­heb­ber van Tas­sen­berg, An­ge­li­co en C­ha­teau Li­ber­tas (op spe­si­a­le ge­leent­he­de) het hy hom

be­y­wer vir al­le­daag­se wyn­ge­bruik. Hy was ook in­stru­men­teel om wetgewing deur te voer wat krui­de­niers­win­kels in staat stel om wyn te ver­koop, want hy het ge­glo kos en wyn hoort saam (dis hoe­kom ander drank­soor­te nie in su­per­mark­te be­skik­baar is nie).

Jo­hann en sy broer, Paul, is die eer­ste ge­slag wat ak­tief op die plaas boer. Die plaas se eer­ste wyn is in 1973 ge­bot­te­leer en aan die pu­bliek ver­koop.

“Der­tig, veer­tig jaar ge­le­de het ons ’n reg­te vrug­te­slaai van kul­ti­vars en wy­ne ge­had. Ons het selfs ’n Ka­non­kop C­har­don­nay, Sau­vig­non Blanc en R­hi­ne Ries­ling ge­maak,” vertel Jo­hann.

Teen 1981 het hul­le eg­ter be­sluit om slegs op Pi­no­ta­ge (45% van die win­gerd) en Ca­ber­net Sau­vig­non (30%) te kon­sen­treer. Hul­le plant ook ’n bie­tjie Mer­lot en Ca­ber­net Franc vir ver­snit­doel­ein­des. Pi­no­ta­ge is reeds in die 1940’s die eer­ste keer op Ka­non­kop ge­plant – van die eer­ste kom­mer­si­ë­le aan­plan­tings ter wê­reld.

“Dit was uit en uit ’n ter­roir-be­sluit, want ons het daar­die tyd al ge­weet wat vaar goed hier. Ons het be­sluit om eer­der min­der te doen, maar dit be­ter te doen.”

Hier­die fi­lo­so­fie geld van­dag nog.

MIN­DER KUL­TI­VARS IS BE­TER

A­brie vertel deur die reg­te kul­ti­vars op die reg­te plek­ke te plant, is die win­ger­de be­ter aan­ge­pas om moeilike toe­stan­de te deur­staan. Wis­sel­val­lig­heid van jaar tot jaar is dus ook min­der.

“Die ander kul­ti­vars het nie deur­lo­pend, el­ke jaar, vir ons die­self­de ge­hal­te ge­gee nie. Daar­om het ons dit uit­ge­haal.”

Die Ka­det­te-reeks het in die 1980’s ont­staan so­dat hul­le die drui­we van die jon­ger win­ger­de op die plaas kon be­nut.

“Die doel was om ’n lig­ter styl wyn met hier­die drui­we te maak, ter­wyl die drui­we van die ou­er win­ger­de vir ons bes­te wy­ne ge­hou word. Jan­nie K­ri­ge, Jo­hann en Paul se pa, het des­tyds ge­sê die wyn moet soos ’n jong sol­daat (ka­det) wees: Mak­lik om van ’n jong ou­der­dom af te drink, maar daar moet steeds ’n ver­bin­te­nis met die res van ons wy­ne wees; ’n se­ke­re ba­lans en e­le­gan­sie wat deel is van ons styl.

“Ons sien nie ons twee­de wyn­reeks as ‘twee­de’ nie. Ons be­skou dit eer­der as ’n be­sig­heids­kaart­jie wat reg oor die wê­reld uit­ge­deel word en waar­mee ons die bes­te eer­ste in­druk moont­lik wil skep so­dat men­se ook ons ander wyn wil proe.”

In 2012 het hul­le vir die eer­ste keer ’n Pi­no­ta­ge by die Ka­det­te-reeks ge­voeg. Dit was ’n on­mid­del­li­ke suk­ses.

“Die mark het ge­vra vir ’n meer be­kos­tig­ba­re Pi­no­ta­ge van ons af. Die ver­troue was daar, maar die Ka­non­kop-prys was bui­te baie men­se se be­reik.”

DIE BES­TE DRUI­WE

A­brie vertel hul­le het ’n paar jaar ge­le­de by Jo­hann se strand­huis aan die Wes­kus by­me­kaar ge­kom om ’n dink­skrum te hou oor hoe hul­le die groei gaan aan­pak.

“Ons fi­lo­so­fie was nog al­tyd: ge­hal­te eer­ste. Een op­sie was om wyn aan te koop en te ver­sny om Ka­det­te te maak. Wyn was toe nog goed­koop en be­skik­baar, maar ons was be­kom­merd dat ons dan nie vol­le be­heer oor die ge­hal­te sou hê nie. Ons wou nie die eer­ste ruk ton­ge laat klap, net om daar­na af­draan­de te gaan nie. Die twee­de op­sie was om die drui­we aan te koop en die wyn self te maak. Dit het ons be­ter be­heer oor die pro­duk ge­gee.”

Me. An­ne­lie Vil­joen, win­gerd­bou­kun­di­ge, het meer as ’n jaar ge­le­de by hul­le aan­ge­sluit, spe­si­fiek om drui­we te soek en aan te koop wat aan Ka­non­kop se s­treng ver­eis­tes vol­doen. Sy be­stuur die win­ger­de – ver­al in die Bot­te­la­ry-heu­wels en die res van S­tel­len­bosch, as­ook in die Hel­der­berg – saam met die boe­re om se­ker te maak hul­le kry die bes­te drui­we.

“Dis ’n wyd­ver­sprei­de ge­bied, maar die be­skik­baar­heid en prys van S­tel­len­bosch-drui­we laat ons nie met ’n ander keu­se nie. Men­se staan tou om drui­we in die han­de te kry en ons glo steeds in die waar­de van S­tel­len­bosch-drui­we. Die pry­se is guns­ti­ger so­dra jy bui­te S­tel­len­bosch se gren­se be­weeg, maar ons neem in ag dat dit ons wyn­styl ef­fens kan ver­an­der. Daar­om ge­bruik ons nie baie drui­we van el­ders nie,” vertel A­brie.

“Ek hou van die sta­bi­li­teit wat S­tel­len­bosch-win­ger­de bied. Daar is nie baie ge­bie­de wat ver­an­de­ren­de toe­stan­de so goed ver­werk soos S­tel­len­bosch nie. Ons het by­voor­beeld nie ’n groot af­na­me in op­brengs ge­sien ty­dens die droog­te nie.”

TRADISIE ÉN TEG­NO­LO­GIE

Hul­le het ook daar aan die Wes­kus be­sluit om die kel­der te ver­groot. Met die doel voor oë om nie Ka­non­kop se styl te ver­an­der nie, het hul­le ge­hou by ’n ui­ters tra­di­si­o­ne­le kel­der, maar een waar teg­no­lo­gie in­ge­span word. Hul­le het selfs nog 16 oop kui­pe, soos uit die 1940’s, by­ge­voeg.

“Dis nie die mak­lik­ste, goed­koop­ste of doel­tref­fend­ste ma­nier om wyn te maak nie, maar dit ver­se­ker ons styl bly deur­gaans die­self­de,” vertel A­brie.

Die nu­we kui­pe is da­rem toe­ge­rus met ’n me­ga­nie­se deur­druk­ker (sien die ar­ti­kel “Ka­non­kop druk deur met nu­we ma­sjien”,

LBW, 22 Sep­tem­ber 2017). “Ons uit­brei­dings het ook plek ge­maak vir 4 000 ek­stra va­te. Ons kan nou 6 500 va­te huis­ves. Ek weet nie van nog ’n wyn­land­goed in Suid-A­fri­ka met so ’n groot ver­moë nie. Ons het ook ons gis­ver­moë ver­dub­bel. Van­jaar het ons 2 500 ton drui­we by Ka­non­kop ver­werk en han­de ge­vat met O­ver­gaauw om ’n ver­de­re 500 ton te pars,” sê A­brie.

Die ek­stra ver­moë be­te­ken hul­le kan wyn vir ’n he­le paar maan­de lank eers laat bot­tel­ver­ou­der voor hul­le dit aan die mark be­skik­baar stel. Die drui­we-ont­vangs­a­rea is ook op­ge­knap. “Dis nie om­dat ons ge­sien wil word as ’n teg­no­lo­gies ge­vor­der­de kel­der nie, maar om­dat ons aan­ge­vuur word deur ge­hal­te. As dit kan help om ’n 1% ver­be­te­ring in ge­hal­te mee te bring, is dit die moei­te werd. ’n Mens moe­nie ver­val in jou ma­nier doen nie. As jy be­ter kan raak, moet jy al­les tot jou be­skik­king ge­bruik om dit reg te kry.”

l­bo­tha@land­bou.com Ka­non­kop, bui­te S­tel­len­bosch, speel in die wyn­be­dryf se eer­ste li­ga.

Mnr. A­brie Bee­slaar

Ka­det­te, Ka­non­kop se ui­ters suk­ses­vol­le reeks wat ge­maak word van drui­we uit jon­ger win­ger­de op die plaas, as­ook in­ge­koop­te drui­we.

Mnr. Jo­hann K­ri­ge

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.