Jou sto­rie: Die ding met Na­po­le­on

Dirk is suf ge­skryf aan sy nu­we ro­man. Net toe hy sy lê in die bed kry, hoor hy dit — ’n haan wat kraai! Hy het dit laas op sy ou­pa se plaas gehoor, maar ’n mens ver­wag dit glad nie in die mid­del van Mel­vil­le nie.

Landbouweekblad - - Inhoud -

Die St. Ber­nard F­red hoor ver­skrik vir die eer­ste keer in sy le­we ’n haan kraai en spring ver­skrik op die bed.

Die ge­kraai kom be­slis van Dirk se nu­we buur­vrou se erf. Dirk het haar van­dag skaam­te­loos deur die hei­ning dop­ge­hou toe sy, ge­klee in ’n kort de­nim­broe­kie, haar goed uit haar stok­ou Volk­sie dra.

Hy wou gaan help; kon by­na sy ou­ma sug­tend in die he­mel hoor sê: “Ai, dis nie hoe ek die kind ge­leer het nie.”

Sor­ry, Ou­ma, het hy ge­dink, die uit­ge­wer is op my ca­se, ek sal haar la­ter nooi vir ete.

Die ge­kraai be­gin weer. Dit dring deur murg en been. Hy spring met ’n krag­woord op, loop net in sy rug­by­broek deur die hek­kie in die hei­ning. Ons gaan be­slis nie goeie bu­re wees nie, dink hy grim­mig, en klop hard aan die rooi ge­verf­de voor­deur.

Kwaai flu­weel­bruin oë kyk tus­sen lang, rooi lok­ke, wat ’n fyn ge­sig­gie om­raam, na hom. Sy dra ’n lang slaap­jurk wat sweer­lik aan haar ou­ma be­hoort het.

“Is jy mal om twee-uur in die og­gend so aan my deur te ha­mer?”

“Is jy mal om twee-uur in die og­gend jou deur oop te maak vir ’n vreem­de­ling . . . Lees jy nie koe­rant nie?” vra hy bruusk, on­kant ge­vang deur haar be­koor­lik­heid.

Sy skud die rooi krul­kop woes heen en weer. “Nee, ek lees nie koe­rant nie en ek kyk ook nie TV-nuus nie.”

’n Fyn vin­ger swaai voor sy neus. “Ek weet wie jy is, ek het ge­sien hoe hou jy my dop waar jy op jou re­ke­naar sit en speel, son­der om ’n vin­ger te ver­roer om my te help!”

Sy kyk hom met op­ge­trek­te wenk­broue op en af. “Kan jy nie be­hoor­lik aan­trek voor jy aan vreem­de mei­sies se deu­re ha­mer nie? Jy weet wat sê die spreek­woord van eer­ste in­druk­ke.”

Hy vee met sy han­de deur sy dik bos ha­re wat reeds in al­le rig­tings staan. “Kyk, Juf­frou, is dit jou haan wat sul­ke on­aard­se ge­lui­de maak?”

Diep dim­pels duik in haar sag­te wan­ge, en die soet glim­lag slaan sy a­sem weg. “Ja, dit is Na­po­le­on. Het hy jou ge­pla?”

Hy kyk na die don­ker tuin om hom. “Ja, hy het my be­slis ge­pla. Wat soek hy hier in Mel­vil­le?”

“Jy moet ’n nu­we in­trek­ker wees,” sê sy y­sig, “my ou­ma het my al­tyd vertel wat­ter ou­li­ke buur­man sy het.” Hy skud sy kop. Haar rug­gie trek pe­no­rent, die bruin oë skiet vuur. “My naam is Lien­kie! Ek het nooit ge­dink Na­po­le­on en La­dy Di sou on­wel­kom hier wees nie. Hul­le het die prag­tig­ste kin­der­tjies – Wil­li­am, Ka­te, C­har­les en . . .”

Hy hou sy hand op. “Lien­kie, ek gee jou vyf dae om van Na­po­le­on en sy ge­broed­sel ont­slae te raak, an­ders doen ek ver­de­re stap­pe. Ek het my rus no­dig.”

Hy draai om, stap weg son­der om weer na haar te kyk, maar moet F­red roep om saam te stap.

Hy is al deur die hek­kie, toe skree sy: “Ek mag nie ’n ou ka­pok­kie aan­hou nie, maar jy kan daai mens­vre­ter aan­hou. As hy net een maal in die nag blaf, bel ek die po­li­sie.”

Hy hoor hoe sy die deur toe­slaan. F­RED DIE VERRAAIER

Lien­kie gaan sit woe­dend op die groot so­fa in die knus sit­ka­mer, trek haar ou­ma se lap­pies­kom­bers op tot on­der haar ken, vee ’n ver­dwaal­de traan van haar wang af. Hoe kan hy van my ver­wag om van Na­po­le­on ont­slae te raak? Wat gaan ek doen?

Dirk roep die vol­gen­de og­gend te­ver­geefs na F­red. Hy hoor ’n stem langs­aan, gaan loer deur die hei­ning. Lien­kie sit kaal­voet op die gras, haar ha­re in twee dik vleg­sels. F­red lê langs haar en kyk met leep­oë na die hoen­der­tjies wat lus­tig in die gras skrop. “Toe­maar, Na­po­le­on,” hoor hy haar stem, “ek sal nie dat die draak hier langs­aan julle weg­vat nie! Ek weet nie wat ons gaan doen nie, maar ek sal aan ’n plan dink.”

Sy staan op, stap na die swem­bad, be­gin haar hem­pie sta­dig los­knoop en gooi dit een­kant neer. Dirk wil weg­kyk, maar kan nie, want die bloed­rooi bi­ki­ni pas haar per­fek. Sy duik in die wa­ter en swem ’n paar vin­ni­ge leng­tes voor sy uit­ge­strek in die son gaan lê.

Sy lê en glim­lag. Ja, ’n man bly maar ’n man, dink sy, om my so deur die hei­ning te

sit en dop­hou.

Tot Dirk se frus­tra­sie loop F­red kort-kort weg na die buur­vrou en lê en slaap op die stoep waar sy skil­der.

Klok­slag half­twee sog­gens be­gin Na­po­le­on kraai. Die ge­kraai dring deur sy oor­fo­ne to­dat dit voel as­of die haan­tjie langs sy bed staan en kraai. Aan die ein­de van sy ge­duld, het hy weer met haar pro­beer praat. Sy het met groot oë stil na hom en staan en kyk, die deur bla­tant in sy ge­sig toe­ge­slaan.

“Ek gaan stap­pe doen,” het hy woe­dend deur die toe deur ge­skree, “ek kan nie so skryf nie!”

Tot sy ver­de­re ergernis kom die ka­pok­haan­tjie ge­reeld met sy gesin deur die hei­ning om in sy tuin te kom skrop.

Een og­gend kom Lien­kie uit die huis in ’n vro­li­ke so­mers­rok­kie. “Ek weet nie hoe­kom die flip­pen vrou­mens nou so mooi moet wees nie,” dink hy ge­frus­treerd. Dit maak die he­le saak net in­ge­wik­kel­der.

Voor sy in die Volk­sie klim, wys sy ’n fyn vin­ger na F­red. “Jy eet nie vir Na­po­le­on en La­dy Di ter­wyl ek weg is nie, gehoor. Pas hul­le op, ek weet nie waar­toe jou wre­de baas in staat is nie.”

SLOT EN GRENDEL

Drie dae la­ter kyk Lien­kie ver­slae na die pro­ku­reurs­brief in haar han­de. Sy het se­we dae om van die hoen­ders ont­slae te raak! “Ek kan nie glo hy is so laag nie,” dink sy ont­steld.

Sy gryp haar ou­ma se groot vleis­mes uit die laai en gaan ha­mer aan sy deur met Na­po­le­on in haar arms. Hy ruk die deur on­ge­dul­dig oop. Sy gee hom nie kans om te praat nie, druk by hom ver­by tot in sy kom­buis. “Toe, kap af sy kop, dat jy tot rus kan kom,” sê sy tus­sen die snik­ke deur. Hy neem die mes ver­sig­tig uit haar hand. “Kom sit, dan maak ek kof­fie so­dat ons rus­tig oor die saak kan praat,” sê hy kalm en ska­kel die ke­tel aan.

Daar is nie ’n grein­tjie vrien­de­lik­heid in die bruin ky­kers of in haar stem nie. “Hoe gaan ons die pro­bleem op­los? Jy het die ge­leent­heid ge­had om Na­po­le­on se kop af te kap, maar jy is nie mans ge­noeg nie!”

“Hoe­kom is die hoen­ders vir jou so be­lang­rik? Jy be­hoort tog te weet dit sal pro­ble­me in die stad ver­oor­saak.”

Haar oë skiet vol tra­ne. “My pa moes sy plaas aan die Re­ge­ring af­staan . . . ’n plaas wat ge­slag­te lank in ons fa­mi­lie was. Ek het die dag toe ons moes trek, die wer­ker ge­vra om Na­po­le­on en La­dy Di skelm in my kar te sit. Toe ek weer sien, was die kin­der­tjies daar. Ek het nie ge­dink dit sal so pro­bleem wees met Ou­ma se hui­sie wat so half een­kant sit nie.”

Sy sug skie­lik diep en staan soos ’n ou mens van die stoel op.

“Moe­nie ver­der wor­ry nie, ek sal van hul­le ont­slae raak. Ek het nie meer krag vir die ba­klei­e­ry nie.”

Voor hy nog kan re­a­geer, is sy uit by die deur en hoor hy die tuin­hek­kie kraak. Mi­nu­te la­ter sien hy hoe sy drie ys­li­ke slot­te aan die hek­kie sit.

DANS OP DIE STOEP

F­red het ’n paar keer by die hek­kie ge­staan en tjank om langs­aan te gaan kui­er, maar Dirk het hom ge­ïg­no­reer. Wat hy nie kon ig­no­reer nie, was die skuld­ge­voel en die leem­te in sy hart. Het hy haar nou heel­te­mal ver­wil­der?

La­ter die aand tel Dirk die foto van sy ou­ma op en praat met haar. “S­kies, Ou­ma, ek weet Ou­ma is te­leur­ge­steld. Ek sal die hoen­der­tjies nou uit­los, al kan ek nie saans slaap nie. Ou­ma weet ek stel nie in vroue be­lang ná die fi­as­ko met Ri­ka nie. Maar nou het ek teen my sin op die cheecky mei­sie­mens langs­aan gaan staan en ver­lief raak. En sy haat my soos die pes.”

Mu­siek kom op die aand­wind na hom deur die oop ven­ster aan­ge­waai. Sy hart neem hom van­self hei­ning toe. Lien­kie dans op ’n stoep vol ker­se, ge­klee in ’n lang, wit rok wat om haar uit­bol soos sy draai en swaai.

Hy spring oor die hek­kie, is met ’n paar tree op die stoep. Sy hou aan dans, hou skie­lik haar hand na hom uit. Sy hart klop in sy keel toe hy haar hand neem, haar teen sy bors vas­trek en met haar be­gin dans.

“Ek is so jam­mer ek was so ge­me­ne vark,” praat hy ge­smoord in haar ha­re.

“Ek is mal oor jou, al kraai jou haan my snags wak­ker.”

Hy lig haar ken op so­dat hy in haar ge­sig kan kyk. Hy buk af, sy lip­pe raak vlin­der­sag aan ha­re. Haar arms gaan om sy nek en sy soen hom met oor­ga­we te­rug.

Dirk sug. Skie­lik is die ge­kraai van ’n ka­pok­haan­tjie vir hom die mooi­ste ge­luid nóg.

E­leen Bla­e­ser van Kemp­ton Park het ja­re lank saam met haar man ’n bou­on­der­ne­ming be­dryf. Tans is sy af­ge­tree, maar ook ma van vier kin­ders en ou­ma van agt klein­kin­ders. Sy het vier jaar ge­le­de haar eer­ste boek, S­pran­kel­dief, ge­skryf. In­tus­sen het nog vier boe­ke ge­volg. E­leen is lief vir lees en ver­slaaf aan scrap­book­ing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.