IN ’N BLIK

Landbouweekblad - - Nuus -

GOEIE DEKKING. Daar was groot be­lang­stel­ling in dek­ge­was­proe­we op O­ver­berg A­gri se on­lang­se boe­re­dag op Roo­de­bloem, waar boe­re nu­we kul­ti­vars kon be­sig­tig en sien hoe ver­skil­len­de meng­sels dek­ge­was­se op die land vaar. Kun­di­ges van die Wes-Kaapse de­par­te­ment van land­bou en die saad­maat­skap­pye A­gri­col, Ba­ren­brug en K2 Saad was daar om vrae te be­ant­woord. Me. Li­sa S­mo­ren­burg van die Wes-Kaapse de­par­te­ment van land­bou se proe­we van die af­ge­lo­pe drie jaar met ver­skil­len­de dek­ge­was­se toon dat graan­op­brengs­te ho­ër is ná dek­ge­was­se. Sy be­veel aan dat boe­re hul dek­ge­was­meng­sel aan­pas by die grond­ont­le­ding. Mnr. Ja­co Kel­ler­man, land­bou­kun­di­ge van Ba­ren­brug, sê hy dink nie dek­ge­was­meng­sels met tien spe­sies of meer is die geld werd nie. Op die foto is nu­we ka­no­la­kul­ti­vars.

FOTO: AMELIA GENIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.