MELKBOERE KRY MIN­DER, MAAR FABRIEKSPRYSE STYG

Landbouweekblad - - Briewe -

Melkboere se pro­du­sen­te­pry­se het se­dert Maart van­jaar met 5,5% ge­daal, maar die fabriekspryse van sui­wel­pro­duk­te het in die­self­de tyd met 2,2% ge­styg. Die MPO sê ver­skeie melkboere moes reeds die be­dryf ver­laat weens die uit­wer­king van die kos­te­knyp­tang op hul boer­de­ry. JOHAN SCRIBANTE skryf: Dit is dui­de­lik dat die MPO nie kan som­me maak nie. Van R5,30 (per li­ter) tot R4,00 is be­slis nie (’n da­ling van) 5,5% nie! Dit lyk eer­der na meer as 20%. En ons bloei dood weens hul lam­sak­kig­heid.

JOHAN VAN NIEKERK ant­woord: Ai, Johan. Jy is nog een van die be­voor­reg­te boe­re wat wel R4,00 kry. My prys is lank­al R3,50, en dis nie weens pe­na­li­sa­sie nie. Dis ’n prys op ’n brief­hoof. Dit het ook niks te doen met vo­lu­me nie. Ek het 9 000 li­ter per dag ge­had. Let wel, per dag, nie el­ke twee dae nie. Van R5,40 tot R3,50. Pro­beer die som doen! S­terk­te.

WILLIE NIEUWOUDT skryf: Ek wil graag weet of melkboere be­taal vir die ten­kers wat die melk kom af­haal. In­dien wel, hoe werk dit as meer as een pro­du­sent se melk met die­self­de ten­ker ver­voer word?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.