Ent­nou­in­teen slenk­dal­koors

Boe­re moet te al­le tye hul oë oop­hou vir simp­to­me van slenk­dal­koors. Om die­re nie in te ent nie, kan lei tot groot­skaal­se ver­lie­se weens a­bor­sies.

Landbouweekblad - - Fokus -

S­lenk­dal­koors­he­tinMei van­jaar by Ja­cobs­dal in die Vry­staat uit­ge­breek, sê dr. Faf­fa Malan, be­stuur­der van die Her­kou­er-ve­te­ri­nê­re Ver­e­ni­ging van Suid-A­fri­ka (RuVASA), in sy Ju­lie-ver­slag. Boe­re moet al­tyd op die uit­kyk wees vir die simp­to­me daar­van so­dat dit so vin­nig moont­lik in die kiem ge­smoor kan word.

Slenk­dal­koors is ’n soönotiese siek­te. ’n Soönose is e­ni­ge siek­te of in­fek­sie wat na­tuur­lik oor­draag­baar is van ge­wer­wel­de die­re aan men­se en om­ge­keerd. Men­se is dik­wels toe­val­li­ge gas­he­re wat die siek­te op­doen deur noue kon­tak met ’n be­smet­te dier wat simp­to­ma­ties kan wees of nie.

Die simp­to­me is soort­ge­lyk aan dié van griep, be­gin vin­nig en ver­oor­saak straw­we koors, hoof­pyn en pyn in spie­re, rug en ge­wrig­te.

“Baie men­se her­stel son­der pro­ble­me, maar ’n ver­an­der­li­ke per­sen­ta­sie kan erns­ti­ger simp­to­me ont­wik­kel wat die le­wer aan­tas en die pa­si­ënt is dan ge­neig tot bloe­ding. Ver­skeie ander simp­to­me kan tot in­fek­sie lei, waar­on­der ook moont­li­ke blind­heid.”

Boe­re word aan­ge­raai om hul die­re teen slenk­dal­koors in te ent. Le­wen­de ent­stow­we kan slegs ge­bruik word by nie-drag­ti­ge die­re, aan­ge­sien die le­wen­de ent­stof a­bor­sies kan ver­oor­saak. Slegs dooie, on­ge­ak­ti­veer­de ent­stow­we moet by drag­ti­ge die­re ge­bruik word.

Wees ver­sig­tig wan­neer ent­stow­we toe­ge­dien word na­dat uit­bre­kings op­ge­merk is. Ge­bruik ’n ste­rie­le naald vir el­ke dier om- dat die vi­rus tus­sen die­re ver­sprei kan word in­dien die die­re in die in­ku­ba­sie­tyd­perk is. Die­re in die in­ku­ba­sie­tyd­perk sal ’n vi­rus­in­fek­sie hê, maar nog nie simp­to­me van die siek­te toon nie.

INWENDIGE PARASIETE

Goeie re­ën het in baie dele van die win­ter­re­ën­ge­bied ge­val. Wees be­dag op ron­de­wurms wat ná die erns­ti­ge droog­te ’n pro­bleem kan word. Ge­bruik die vyf­punt­stel­sel om op die hoog­te te bly van wat in die kud­de ge­beur. Dit be­hels die vol­gen­de: On­der­soek die skaap vir neus­vlie­glar­wes (neus­wurm), long­wurm, long­ont­ste­king, blou­tong en bloot­stel­ling aan am­mo­ni­ak. On­der­soek die oog vir bloed­ar­moe­de wat deur haar­wurm, haak­wurm, groot­bek­wurm, le­wer­slak­wurm en peer­vor­mi­ge slak­wurm ver­oor­saak word. On­der­soek die skaap vir ’n kwak­keel weens haar­wurm, le­wer­slak­wurm en peer­vor­mi­ge slak­wurm. Kon­di­sie­tel­ling om­dat bruin­maag­wurm, maag­ban­krot­wurm, ban­krot­wurm, lang­nek­ban­krot­wurm, wit­ban­krot­wurm, knop­pies­wurm, groot­bek­wurm, sam­bok­wurm, peer­vor­mi­ge slak­wurm en lint­wurm die dier se kon­di­sie kan laat ver­swak. Vuil­broek­tel­ling weens be­smet­tings van bruin­maag­wurm, maag­ban­krot­wurm, ban­krot­wurm, lang­nek-ban­krot­wurm, wit­ban­krot­wurm, knop­pies­wurm, groot­bek­wurm, sam­bok­wurm, peer­vor­mi­ge slak­wurm, lint­wurm en kok­si­di­o­se.

Die mees­te boe­re dink haar­wurm is dor­mant in die win­ter, maar haar­wurm­be­smet­tings is in se­we pro­vin­sies aan­ge­meld. Simp­to­me wat op be­smet­ting dui, is kwak­keel en bloed­ar­moe­de.

K­rip­to­spo­ri­di­o­se, saam met pa­to­ge­nie­se Esche­ri­chia co­li, ver­oor­saak steeds groot pro­ble­me vir bees-, skaap- en bok­boe­re. Jong die­re is ui­ters kwes­baar. Bi­o­se­ker­heid moet te al­le tye op die hoog­ste vlak toe­ge­pas word. Boe­re moet ooie en koeie se im­mu­ni­teit op die hoog­ste vlak hou so­dat hul bies, wat met pas­sie­we im­mu­ni­teit ver­band hou, hul lam­mers en kal­wers kan be­skerm.

UITWENDIGE PARASIETE

Blou­bos­luis­be­smet­tings is in Ju­lie van­jaar in al­le pro­vin­sies aan­ge­meld. Blou­bos­lui­se kan rooi­wa­ter, a­na­plas­mo­se en knop­pies­vel­siek­te oor­dra.

Boe­re moet die sta­tus van blou­bos­luis­weer­stand op hul pla­se be­paal voor­dat hul­le bos­luis­mid­dels koop. Vee­art­se kan blou­bos­lui­se vir weer­stand toets. Ak­tie­we mid­dels wat vir weer­stand ge­toets moet word, is or­ga­no­fos­fa­te, pi­re­tro­ïe­de, a­mi­die­ne en fi­pronil. Ak­tie­we mid­dels wat vir die be­stry­ding van blou­bos­lui­se ge­re­gis­treer is, is ma­kro­si­klie­se lak­to­ne en flu­a­su­ron.

Boe­re moet vroeg­ty­dig hul pro­gram vir bos­luis­be­stry­ding met hul vee­arts be­spreek, want as bos­lui­se vroeg in die len­te be­heer kan word, kan groot be­smet­tings daar­van in die so­mer voor­kom word. A­si­a­tie­se rooi­wa­ter is be­sig om te ver­sprei en is een van die do­de­lik­ste siek­tes vir bees­te. Ver­skeie vrek­tes is reeds aan­ge­meld. Uit­bre­kings van a­na­plas­mo­se is ook in agt pro­vin­sies aan­ge­meld.

In­se­koor­draag­ba­re siek­tes het in die win­ter dras­ties in die mees­te dele van die land af­ge­neem. Malan sê die­re moet nou teen dié siek­tes in­ge­ënt word.

NA­VRAE: Web­blad: www.ruvasa.co.za

FOTO: THEUNS BOTHA

Vol­was­se, drag­ti­ge bees­te wat nie teen slenk­dal­koors in­ge­ënt is nie, kan mak­lik a­bor­teer as hul­le die siek­te op­doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.