Landbouweekblad

VIR DIE GESIN

-

Boerekos 13 is hier!

Biltong-enfetakaas­koek Kors

6 velle fillodeeg 100 ml gesmelte botter

Vulsel

2 houers (230 g elk) geroomde maaskaas 1 houer (200 g) biltonggeu­rroomkaas 4 ekstragroo­t eiers 180 ml karringmel­k, jogurt of suurroom 180 ml fyn biltong of biltongpoe­ier 20 ml koekmeel 250 ml gekrummeld­e fetakaas

Om af te rond

250 ml klam beesbilton­gskaafsels Roketblare en olyfolie

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 20 cm-losboomkoe­kpan. Smeer elke vel fillodeeg met ’n dun lagie gesmelte botter en voer die tertbord met laag op laag fillodeeg uit. Laat die rante van die deeg oor die kant van die pan hang. Bak vir 10 minute en haal uit die oond. Verlaag die oondtemper­atuur tot 160 °C. Sit die kase, eiers, karringmel­k (of jogurt of suurroom), fyn biltong en koekmeel in ’n voedselver­werker en pols tot glad. Giet in die halfgaar kors en krummel die fetakaas oor die vulsel. Bak vir 1 uur tot die kaaskoek net-net ferm is (die binnekant kan nog liggies bewe as jy teen die pan tik). Skakel die oond af en maak die deur op ’n skrefie oop. Laat die koek vir 30 minute in die oond afkoel en haal dit dan uit om verder af te koel. Rond af met skaafsels biltong en roketblare. Bedruip met olyfolie en maal ’n bietjie swartpeper oor. Lewer 10 porsies.

 ??  ?? Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS; aduplessis@landbou.com Foto’s: BERNA COETZEE
Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS; aduplessis@landbou.com Foto’s: BERNA COETZEE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa