Landbouweekblad

1 TANZANIË | Hoë tariewe tref suiwelbedr­yf

-

Ingevolge nuwe regulasies wat op 1 Oktober in werking getree het, is suiwelinvo­ertariewe in Tanzanië nou 13 maal hoër as vantevore. Melkverwer­kers moet nou Sh2 000 (R12,89) per kilogram betaal pleks van Sh150 (97c) voorheen.

“Dit is nie bloot regulasies nie, dis ’n totale verbod. Ons produkte sal weens dié hoë pryse nie meer marktoegan­g kan verkry nie,” sê mnr. Kariras Alando, Tanzaniese direkteur van die Suid-Afrikaanse Woodland Dairy, wat die handelsmer­k First Choice daar versprei.

Sommige bedryfsled­e oorweeg om uit die land te onttrek omdat hul ondernemin­gs met die nuwe tariewe nie meer haalbaar is nie.

Plaaslike verwerkers het die vermoë om 700 000 liter melk per dag te verwerk, maar gebruik tans net 40% van hul vermoë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa