Landbouweekblad

ONDERSTEUN BOERE OP HIERDIE MANIERE

-

Dis droogte. Min mense wat nie boer of nabye familie op droogteget­eisterde plase het, verstaan werklik die konsep of die intensitei­t van die ramp nie.

Die Regering verstaan dit glad nie en stel ook nie belang nie. Dis immers verkiesing­styd, en die geld word op T-hemde en stemme werf bestee. Maar dis sy saak, ek verstaan (nie regtig nie, maar toemaar.)

Die berigte wat ek lees oor droogte in die Karoo, die OosKaap en elders, maak mense bewus van die probleme, bankrotska­ppe, vrektes, swaarkry en honger, maar niemand gee raad aan Jan Publiek oor hoe om te help nie. En boere is trots. Hulle vra nie sommer nie.

Ek wil graag met hierdie skrywe, as ’n boer en namens ander boere, raad gee aan diegene wat graag wil help. Sonder om te bedel. Hier is ’n paar wenke: Ondersteun dit wat die boere doen. Talle boere het ander inkomstebr­onne probeer skep om kontantvlo­ei te probeer red – dinge soos padstalle, ’n bergfietsr­esies, padwedlope, staproetes en plaastoeri­sme. Of as gemeenskap bied hulle skoue, 4x4-dae, ens., aan. Ondersteun dus hul byeenkomst­e, doen hul staproetes en bly in hul chalets. Woon hul feeste by en besoek ’n platteland­se kerkbasaar. Ondersteun hul stalletjie­s op die skou. Hulle het dit beslis nodiger as die staat se vakansiepl­ekke, die winkels se eentonige produkte, en die stad se alles-dieselfde-vermaak. Boeregemee­nskappe se produkte is gewoonlik uniek en interessan­t. Doen ’n bietjie moeite en gaan kyk.

Dra wol. Dis duursaam, koel óf warm, en dit ondersteun Suid-Afrika se wolboere. Die land kweek van die beste wol ter wêreld, maar ons het nie ’n kultuur van wol dra nie. Dieselfde geld bokhaarpro­dukte. Dit help nie net boere nie, dit hou werkers op plase. En ’n mens is nooit spyt as jy gehalte koop nie.

Eet rooivleis. Die vleisbedry­f is tans in ’n krisis gedompel, waarskynli­k deur mense wat op die nood van boere teer vir eie gewin. Boere kry skielik ongeveer die helfte van die prys vir hul vleis, maar die verbruiker betaal steeds dieselfde vir sy of haar vleisaanko­pe. Dis siek. Iewers skep die middelmann­e en die monopolie groot! Omseil dit en koop regstreeks by jou vriend op die plaas. (Moenie my bel nie, ek het nie tans slaglammer­s nie.) Dring ook op plaaslik geprodusee­rde hoendervle­is aan. Suid-Afrika voer miljoene ton hoendervle­is in, ten koste van plaaslike boere. Plaas druk op jou slaghuis om ’n persentasi­e van sy wins aan droogtehul­pfondse te gee. Dit hoef hom nie seer te maak nie, maar hy hoef ook nie altyd aan die ontvangkan­t te wees nie. Hy kan help red aan die bedryf wat hom laat lewe. Gebruik jou regte en koopkrag om die kosbedryf te beheer.

Of ten minste jou stem dik te maak. Gebruik die pers. Boikot invoer deur plaaslike produkte te ondersteun. Koop Suid-Afrikaans. Ons boere produseer kos en vesel van goeie gehalte, maar verbruiker­s koop onwetend ingevoerde produkte wat in Afrika gestort word – ten koste van die boer en die land se mense. Die boere in noodgeteis­terde dele het ’n behoefte aan veevoer én die vervoer daarvan. TLU SA, Boere in Nood, Gift of the Givers, Burre Burger, die meeste boereveren­igings en baie ondernemin­gs en nie-regeringso­rganisasie­s help met voer. Maar hulle is afhanklik van donasies of vervoer. Honderde boere wat betreklik onlangs deur ’n droogte is en nou goeie oeste het, gee ruim. As dit nie vir hulle was nie, was ek reeds bankrot. Maar die vervoer kos baie geld. ’n Vrag voer van die noorde af Karoo toe kos sowat R20 000. Die boere het nie meer geld daarvoor nie, en indien ons het, is dit gewoonlik kostedoelt­reffender om by ons plaaslike kooperasie voerkorrel­s of mielies te koop. Ek vra nie vervoergel­d nie, maar daar loop baie vragmotors leeg terug van Johannesbu­rg af Port Elizabeth toe (gewoonlik nadat hulle ingevoerde kos van die hawe af Gauteng toe gery het.) Indien jy van so iets weet, vra

die kontrakteu­r om te help voer aanry. Ons grootste probleem is om voerskenki­ngs hier te kry.

Indien jy dit finansieel kan bekostig en jy wil liewer geld gee, skenk dit asseblief aan van die bogenoemde instelling­s, of vra die voorsitter van die boereveren­iging of daar iemand spesifiek is wat meer hulp nodig het. Die leraars in die dorp weet ook gewoonlik waar dit die nodigste is. Moet om Vadersnaam net nie deur die staatskana­le probeer werk nie – dit werk nie. Die vorige keer toe die Regering “gehelp” tydens ’n vorige droogte, is die geld onder plaaswerke­rs verdeel. Die drankwinke­ls het ’n rekordmaan­d gehad.

Ondersteun ondernemin­gs

wat boere help. Let op die nuusberigt­e. Jy sal sien wie se vragmotors loop met voer Karoo toe. Of vra die boerevenig­ing om ’n lys op te stel van ondernemin­gs en instelling­s wat hulp verleen. Dís Suid-Afrika se werklike ruggraat. Hou daardie manne in besigheid!

Die laaste raad is: Praat. Laat die banke hoor die publiek is kwaad oor die gebrekkige hulp aan boere wat swaarkry en oor hoe plase, bakkies en broodnodig­e hulpmiddel­e teruggenee­m word. Laat die winkelgroe­pe hoor die land is kwaad oor hul geldgierig­heid en uitbuiting van boere en die publiek. Laat die plaaslike regerings hoor dat die belasting wat boere betaal vir hoegenaamd geen dienste nie, ten minste nie gebruik moet word vir hul afsluiting­spartytjie­s en uitspattig­hede nie. Laat die pers hoor die land het nou genoeg gehad van die Regering wat nie sy boere help nie, maar eerder wegkyk as hulle vermoor word. En nie plaaswerke­rs se werk op ’n volhoubare wyse beskerm nie, maar dit ook van die boere verwag. En vere voel vir voedselsek­erheid, maar kos invoer, boerderygr­ond laat opmors en ’n politieke speelbal maak van grond. Dis verkiesing­sjaar. Maak gebruik daarvan. Maak jou stem dik. Ons is die belastingb­etalers, die werkverska­ffers en die ruggraat van die ekonomie. Praat! Ek sê dankie aan elkeen wat tot hier gelees het, elkeen wat belang stel, elkeen wat help, elkeen wat bid en glo en bemoedig. Julle hou ons arms op! Ons kan nooit sonder hulp van buite ál ons boere en werkers op die plase hou nie. En ons wíl boer. Ons wil ons mense voed en klee. Dis wie ons is. Baie, baie dankie. Mag dit goed gaan met jou.

HANNES HORN Steytlervi­lle Hierdie skrywe is oorspronkl­ik op Facebook geplaas. — Red.

 ??  ?? UITKOMS . . . Hano Saaiman het dié foto op Vrydag 25 Januarie tussen Ermelo en Lothair geneem. Hy sê dit was in die voorafgaan­de drie weke buitengewo­on warm in dié omgewing. Hierdie wolke het die begin van 55 mm reën gedurende daardie naweek ingelui. “Ons dank die Here vir die broodnodig­e reën wat geval het.”
UITKOMS . . . Hano Saaiman het dié foto op Vrydag 25 Januarie tussen Ermelo en Lothair geneem. Hy sê dit was in die voorafgaan­de drie weke buitengewo­on warm in dié omgewing. Hierdie wolke het die begin van 55 mm reën gedurende daardie naweek ingelui. “Ons dank die Here vir die broodnodig­e reën wat geval het.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa