Landbouweekblad

BOEREPLAN DRA HOM DEUR DIE DROOGTE

- — FREDALETTE UYS

DANKSY ’n paar groot projekte om toerusting vir kleinboere te vervaardig, kon ’n boer in die distrik Bultfontei­n vanjaar sy planter in die skuur laat staan en boonop werk aan 30 mense verskaf.

“Dit is ’n lekker trotse storie om te kan vertel,” sê mnr. Michris Janse van Rensburg, die brein agter en eienaar van Backsaver-plaastoeru­sting, wat onder meer kunsmistoe­dieners en minimumbew­erkingplan­ters vir kleinboere ontwerp en verkoop.

Janse van Rensburg is een van die verskaffer­s van toerusting en produksiem­iddele aan Graan SA se kommunale projek in die OosKaap. Ander verskaffer­s sluit in Kynoch, Monsanto, SA Kalk en Gips, Villa Crop Protection en Syngenta.

“Michris se kunsmistoe­diener vorm deel van ons projek om die bestaansbo­ere in die Oos-Kaap se kommunale gebiede te help om selfonderh­oudend te word,” sê mnr. Luke Collier, bestuurder van Graan SA se streekkant­oor op Kokstad. Die projek word met die samewerkin­g van die Jobs Fund van die Tesourie bedryf. Tans word 7 500 ha van ongeveer 5 000 boere beplant.

OPLEIDING

Collier verduideli­k dat elke kleinboer ongeveer R3 500 van die insetkoste van R7 300 per ha bydra, met die res van die bedrag wat deur die projek betaal word. Graan SA werf dan insette en toerusting op kommersiël­e standaard, soos bastersaad, chemikalie­ë, kunsmis en toediening­stoerustin­g, asook kontrakteu­rs vir grondbewer­king, om vir die boere te plant en te oes.

Hy sê die boere gebruik self die toerusting wat deur Janse van Rensburg gemaak word. Só leer hulle om, saam met hul mentors, op die lande daarmee te werk. Die boere kry ook regdeur die groeityd praktiese en teoretiese opleiding.

“Die boere volg prosesse soortgelyk aan kommersiël­e boere tot met oestyd,” sê Collier. “Hulle sal dan op hul eie bene kan staan wanneer die projek, wat vyf jaar sal duur, afgehandel is.”

BESPAAR TYD

Janse van Rensburg sê die kunsmistoe­dieners kan “die vinnigste en doeltreffe­ndste waarde toevoeg vir die boere”.

“Kunsmistoe­diening met die hand is ’n groot probleem vir kleinboere, want elke ou se handgroott­e en loopspoed verskil. Die mentors kry dit nie eens reg nie.”

Collier sê die kunsmistoe­diener bespaar baie tyd vir die kleinboere, omdat van hulle kunsmis met ’n teelepel strooi, wat baie moeilik is in die lande waar die minimum plantestan­d 30 000 mielieplan­te per hektaar is.

“Dit kon maklik twee tot drie dae duur. Met die kunsmistoe­diener duur dit slegs ’n paar uur.”

WERK VERSKAF

Janse van Rensburg, wat naby Bultfontei­n boer, sê hy het weens die droogte in dié distrik nie vanjaar geplant nie. Hy is dankbaar hy kon danksy dié projek en nog een in Uganda dié besluit neem, “anders was ek dalk onderdeur”.

Hy kon aan nagenoeg 30 mense werk verskaf oor die feestyd, en ook ekstra werk aan ander ondernemin­gs op die dorp wat vir hom onderdele vervaardig het. Hy het altesaam 326 kunsmistoe­dieners vir die projek vervaardig.

Collier sê hulle beoog om tydens die verloop van die res van die projek kunsmistoe­dieners aan al Graan SA se bestaansbo­ere in die Oos-Kaap te verskaf. Met die samewerkin­g van Janse van Rensburg wil hulle ook vir die boere ’n mikrosproe­ier ontwerp en vervaardig.

Die toedieners sal eers by Kokstad getoets word, voordat besluit sal word om dit na die res van die Oos-Kaap te versprei.

 ?? FOTO: LIANNE ASHTON ?? Mnr. Michris Janse van Rensburg demonstree­r sy kunsmistoe­diener op ’n onlangse Graan SA-opleidings­dag vir opkomende boere.
FOTO: LIANNE ASHTON Mnr. Michris Janse van Rensburg demonstree­r sy kunsmistoe­diener op ’n onlangse Graan SA-opleidings­dag vir opkomende boere.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa