Landbouweekblad

Bedryf verkry terroirkom­petisie

- — LUCILLE BOTHA

DIE spesialis-wynkompeti­sie waar wyne volgens terroir beoordeel word, sal voortaan onder die vaandel van die SA Nasionale Wynskouver­eniging (SANSWA) aangebied word.

Die Novare SA Terroir-wyntoekenn­ings is die nuutste toevoeging tot die SANSWA, wat ook die SA Jongwynsko­u en Veritas aanbied.

Die kompetisie bekroon wyne wat spesifieke verskille in gronden klimaatsfa­ktore in verskillen­de gebiede na vore bring. Slegs wyne wat gesertifis­eer is as Wyn van Oorsprong (WO) van ’n enkelwinge­rd, landgoed, wyk of distrik (met nie meer as een wyk nie) mag deelneem.

OOREENKOMS

Volgens mnr. Christo Pienaar, voorsitter van die SANWSA, het die organisasi­e al 14 jaar gelede ’n ooreenkoms met mnr. Marius Labuschagn­e, stigter van die SA Terroir-toekenning­s, gesluit om die kompetisie oor te neem.

Labuschagn­e, ’n oud-wynjoernal­is en mediakonsu­ltant, het in 2005 ’n geleenthei­d raakgesien om die kompetisie te begin.

“Die WO-skema is deel van Suid-Afrika se wynstelsel en wynkultuur. Daarom was dit my natuurlike keuse dat die Novare SA Terroir-wyntoekenn­ings aan die bedryf as alleeneien­aar oorgedra word.”

Labuschagn­e sê dat SuidAfrika een van die voorste oorsprongs­telsels ter wêreld het. “Daarom is dit geskik dat hierdie kompetisie deel van die bedryf word.”

Novare gaan sy borgskap van die kompetisie in vennootska­p met die SANWSA voortsit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa