Landbouweekblad

3 CHINA | Vyf GM kultivars goedgekeur

-

China het verlede maand die invoer van vyf nuwe GM (geneties gemodifise­erde) kultivars goedgekeur.

Die kultivars wat deur die Chinese ministerie vir landbou en landelike aangeleent­hede aangekondi­g is, sluit in soja en raap wat teen plantdoder weerstandi­g is.

Daar is ses jaar lank gewag vir toestemmin­g vir twee van dié gewasse, naamlik BASF se RF3-kanola en Monsanto se glifosaatw­eerstandig­e MON 88302-kanola. Die ander kultivars is DowDuPont se DP4114-mielies, DAS-44406-6-soja en BASF/Syngenta se SYHT0H2-soja.

China laat nie die verbouing van GM gewasse toe nie, maar die invoer van sommige GM kultivars word wel toegelaat, meestal vir voedselver­werking en dierevoer. Dié mees onlangse goedkeurin­g van GM invoer is die eerste in 18 maande in China.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa