Landbouweekblad

BOERDERY IN SY BLOED

-

Lionel het op die plaas The Glen naby Graaff-Reinet grootgewor­d waar sy pa, Douglas, ook gebore is en kommersiee­l met Merino’s geboer het. Douglas het later die plaas Wilgebosch van 5 500 ha aan die suidekant van die Kompasberg gekoop en daar geboer tot met sy dood toe Lionel 15 was.

Nadat hy sy opleiding aan die Landboukol­lege Grootfonte­in voltooi het, het Lionel in 1970 op 22 op Wilgerbosc­h begin boer. “Dit was ’n baie harde omgewing wat tot teen die kruin van die Kompasberg op 8 215 voet (2 504 m) gestrek het en ’n groot deel van die plaas het uit suurpol bestaan.

“Ek het tot 1972 kommersiee­l met rasegte Merino’s geboer toe my oom, Norman de la Harpe, wat in die Aberdeen-omgewing geboer het, my gevra het om sy Normandy Dohne-stoetery op Wilgerbosc­h te bestuur. Die skape was gehard en het só goed gevaar, dat ek die Normandy-stoetery bekom het, asook die kudde-Merino’s tot Dohnes geteel het.”

Hy is in 1982 en 1996 aangewys as Bobaas-Dohne-Merino-teler van die Jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa