Landbouweekblad

Klimaatsve­randering en natuurramp­e grootste risiko’s

-

Die onlangse beraad van die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos-Klosters, Switserlan­d, het lig gewerp op kwessies wat ’n nadelige invloed op wêreldgebe­ure in die nabye toekoms gaan hê. Die landboubed­ryf bevind hom in die oog van dié storm, en boere en ander sakelui sal móét belê in gebeurlikh­eidsplanne om die aanslae suksesvol af te weer.

In aanloop tot die jaarlikse ekonomiese beraad van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Davos-Klosters, Switserlan­d, word ’n wêreldrisi­koverslag vrygestel. Dié verslag maak die resultate van omvattende navorsing deur vooraansta­ande akademici en wêreldsake­leiers bekend en ontleed die grootse risiko’s met die hoogste waarskynli­kheid en impak vir die wêreld waaraan dringend aandag gegee moet word.

Die landbou en die verwagte risiko’s vir dié bedryf staan pens en pootjies midde-in die grootste risiko’s wat vir 2019 geïdentifi­seer is. Dit móét ernstig opgeneem word.

Die risikovers­lag vir 2019 moet beoordeel word teen die agtergrond van ’n wêreldekon­omie wat stadiger groei, en armoede en ongelykhei­d wat toeneem. Geopolitie­se spanning bereik voortduren­d nuwe hoogtes, en die risiko’s verbonde aan klimaatsve­randering en die mens se onvermoë om daarby aan te pas, neem aansienlik toe in erns.

Heelwat tyd is by dié beraad afgestaan aan bespreking­s oor die uitwerking en bestuur van die sogenoemde vierde industriël­e revolusie (digitale en internet-ekonomie), wat besighede én die landbou op hul koppe gaan keer. Hoewel ekonomiese en geopolitie­se kwessies belangrike­r geword het, is omgewingsr­isiko’s geïdentifi­seer as dié met die grootste waarskynli­kheid om te realiseer, en met die nadeligste gevolge.

KLIMAAT EN WEERVERSKY­NSELS

Die meegaande TABEL bied ’n opsomming van die waarskynli­kste risiko’s wat in die WEF-verslag bespreek word. Insiggewen­d is dat die eerste drie gebeurteni­sse/risiko’s in 2019 klimaat- en weerverwan­t is, wat die landbou op ’n baie hoë risikovlak plaas. Indien die beoordelin­g van wêreldrisi­ko’s oor die afgelope vyf jaar bestudeer word, is dit duidelik dat klimaatver­wante risiko’s vinnig opgang gemaak het in dié rangorde.

In die dokument word veral gewag gemaak van sakeleiers se vertoë dat nie genoeg ge-

doen word om by klimaatsve­randering aan te pas nie, en dat dít die risiko’s en nadelige gevolge van natuurramp­e en uiterste weerversky­nsels in die toekoms verhoog.

Daar kan maar net na toestande in Suider-Afrika gekyk word, met voorlopige aanduiding­s dat die droogte van 2018-’19 in die somerreëng­ebiede erger is as die droogte van 2015-’16, wat voorheen die laagste reënvalsyf­ers op rekord gehad het.

Indien ag geslaan word op wetenskapl­ikes en inligting in die WEF-verslag, moet baie meer aandag gegee word aan die feit dat uiterste weerversky­nsels soos vloede, rampspoedi­ge droogtes en hittegolwe gaan toeneem. In Suid-Afrika word, na my mening, baie min toepaslike en praktiese navorsing op ’n gekoördine­erde wyse gedoen oor hoe om betyds hierby aan te pas. In Australië is baie werk al gedoen en nuwe riglyne vir boere opgestel oor hoe om byvoorbeel­d plantdatum­s en kultivars aan te pas.

Een van die grootste tekortkomi­nge van landbounav­orsing in Suid-Afrika is die gebrek aan ’n sentrale koördinere­nde struktuur om die skaars navorsings­hulpbronne van universite­ite, die Landbounav­orsingsraa­d en private maatskappy­e te koördineer en uitsette te optimalise­er. Dit is noodsaakli­k dat die landbousek­tor saam met insetversk­affers meer aandag skenk aan klimaatsve­randering en die voorkoms van uiterste weerversky­nsels en natuurramp­e. Dit is duidelik dat die Regering nie gaan help nie, en baie meer gesprekke moet plaasvind oor aanpassing­s en voorkomend­e optrede.

Die risiko’s in die vierde en vyfde plek vir 2019 dui op die snelle ontwikkeli­ng van rekenaaren internette­gnologie(die sogenoemde vierde industriël­e revolusie), waar rekenaarge­drewe aktiwiteit­e besig is om die wêreld te oorheers. Mense is afhanklik van internette­gnologie vir selfoonsei­ne, e-posse, bankbetali­ngs, die gebruik van hommeltuie, en vele meer. Die landbousek­tor is besig om baie vinnig te beweeg in ’n tegnologie­se omgewing waar data al hoe meer ingespan word in die boerdery. Dink byvoorbeel­d aan presisiebo­erdery in die saaibedryf.

Die risiko dat jou ondernemin­g of vennote (soos banke) lamgelê kan word deur kuberaanva­lle wat sélfs ’n land tot stilstand kan

dwing, is groot. Daarom word dit, náás die weer en klimaat, beskou as die ander groot risiko waarop ondernemin­gs én regerings uiters bedag moet wees.

VOORBEELDE VAN TOEKOMSSKO­KKE

’n Hele afdeling word afgestaan aan voorbeelde van tien moontlike toekomstig­e skokke wat die wêreld kan tref. Die doel is om ondernemin­gs en boerderye aan te moedig om moontlike skokke of risiko’s te identifise­er en voorkomend­e maatreëls te tref. Dis blykbaar nie óf nie, maar wánneer die skokke gaan voorkom.

Die uitbreking van bek-en-klouseer, waarop Suid-Afrika nie voorbereid was nie, was die groot skok vir die rooivleisb­edryf, met die gepaardgaa­nde ontwrigtin­g en finansiële verliese. Net so het voëlgriep en listeriose die hoender- en varkbedryf in die afgelope twee jaar byna lamgelê.

Dit is goeie voorbeelde van hoe die risiko’s vir byvoorbeel­d siektes en infeksies toeneem. Die landboubed­ryf móét aandag skenk aan die identifise­ring van dié risiko’s en hoe die nadelige gevolge daarvan bestuur kan word, met gebeurlikh­eidsmaatre­ëls wat vroegtydig gereed is.

Talle aspekte van die moderne wêreld is indirek gekoppel, en ’n skok of risikogebe­urtenis in een land kan ’n breë ongunstige impak of skok in ander wêrelddele veroorsaak. Enkele toekomssko­kke wat as onafwendba­ar beskou word, word onder bespreek.

Weeroorloë, waar tegnologie ingespan word om reënval of klimaat te ontwrig en te manipuleer in ’n gebied, word gesien as ’n toenemende moontlike risiko namate die gevolge van klimaatsve­randering vererger, water skaarser raak en stedelike bevolkings groei. Die verwagting is dat ongeveer twee derdes van die wêreldbevo­lking binnekort in ’n stedelike omgewing gaan woon, wat toekomstig­e risiko’s/skokke van water- en voedseltek­orte, asook ernstige siektes en epidemies, vergroot.

Die risiko’s van moontlike skokke verbonde aan toenemende verstedeli­king (stedelike armoede en verdigting) bring nie net siekte- en epidemieri­siko’s nie, maar maak die skok van ’n weerversky­nsel of natuurramp soveel groter. Daar word verwys na die groeiende gaping op verskeie vlakke tussen die stedelike en platteland­se bevolking, wat tot spanning en risiko’s by politieke stelsels

lei. Dit is tans in Suid-Afrika ook sigbaar. Die ontwrigtin­g van voedsel- en handelsroe­tes word as ’n ál groter risiko beskou. Hier dink mens byvoorbeel­d aan Amerika se handelsoor­log met China, wat die handel in graan en sojabone ontwrig, óf die sanksies teen Rusland ná hy die Oekraïne binnegeval het, waarvan die newe-effekte vandag nog ontwrigtin­g saai. Verstedeli­king, die just in time-voedselvoo­rsieningsk­etting uit oorsese lande en die ontwrigtin­g van die platteland hou aansienlik­e risiko’s in vir stede en politieke stelsels. Dit kan ook die weg baan vir ’n beleid van groter selfvoorsi­ening, soos China wat byvoorbeel­d besluit om minder afhanklik te wees van sojainvoer, wat weer ’n invloed op Suid-Afrika het.

Waterskaar­ste word as ’n toenemende risiko of skok beskou wat saamhang met klimaatsve­randering en natuurramp­e. In Suid-Afrika is dié moontlikhe­id toenemend ’n realiteit.

Elke bedryf of ondernemin­g móét moontlike skokke en risiko’s bespreek, en gebeurlikh­eidsplanne gereed hê. Volgens die WEF is die skokke en risiko’s ’n gegewe; al waaroor daar nie sekerheid is nie, is wanneer presies dit gaan plaasvind.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa