Landbouweekblad

Wol onder druk: Lesotho-verbod, droogte knou lewering

- — FREDALETTE UYS

DIE droogte en die verbod op die uitvoer van wol uit Lesotho veroorsaak reeds aan die begin van die wolseisoen probleme vir wolhandela­ars. Die eerste veiling van Februarie is afgelas weens ’n tekort aan wol.

Volgens mnr. John Lapersonne, bestuurder van die Lapersonne-wolmakelaa­rs, is die droogte die hoofoorsaa­k van die kleiner aanbod van Suid-Afrikaanse wol dié seisoen, aangesien boere hul kuddes moet verminder om te kan oorleef. Hy voeg by dat die droogte dus ook ’n mediumterm­yn-effek op die lewering van wol sal hê.

Volgens mnr. Paul Lynch van Standard Wool SA en direkteur by Cape Wools, het Suid-Afrika tans ook nie toegang tot Lesotho se wol nie, aangesien die regering daarop aandring dat vesel in Lesotho self bemark en verkoop moet word. Dit is nog ’n rede waarom die eerste veiling vir Februarie afgelas is.

“Dit is jammer dat die situasie tans vir politieke doeleindes uitgebuit word. Lesotho se wol het oor die afgelope 5 tot 10 jaar drasties verbeter. Suid-Afrikaanse maatskappy­e het die moeite gedoen om Lesotho se vesel op die internasio­nale mark te bevorder, en nou is dit weggeneem. Dit is baie jammer vir die boere.”

PRYS BLY STABIEL

Die Cape Wools-aanwyser het tydens die veiling van 30 Januarie gesluit op R215,16/kg vir skoon wol. Volgens Cape Wools was die aanbod van goeie wol baie klein, en die totale aanbod 5 700 bale. Die volgende veiling is op 13 Februarie.

Volgens Lapersonne het die pryse nou gestabilis­eer ná die hoë vlakke wat aan die begin van die 2018-’19-seisoen behaal is. Lynch sê goed gekweekte, lang Merinowol behaal tans die beste pryse. “Daar was ’n paar jaar gelede ’n groot vraag na korter wol en baie boere het ook weens die kontantvlo­eivoordeel oorgeskake­l na sesmaande-skeertye.”

Dit beteken minder wol is beskikbaar van skape wat ná agt maande geskeer word. Hy sê enige wol met ’n lae opbrengs en laer treksterkt­e, of sagte wol, kry tans swakker pryse.

VOLHOUBAAR

Lynch benadruk dat dit lyk of die mark vra vir geouditeer­de, volhoubare wol en dat Cape Wools se verantwoor­delike wolstandaa­rd (responsibl­e wool standard, RWS) die standaard is wat tans internasio­naal erken word.

“Daar word tans premieprys­e betaal vir boere wat goed gekweekte, volhoubare wol lewer wat geouditeer is ingevolge die RWS.” Hy sê Cape Wools en die bedryf konsentree­r tans daarop om seker te maak produsente sien om na die welstand van diere en skeerders en dat die standaarde wat vereis word deur groot internasio­nale handelsmer­ke, soos Zara en H&M, bereik word.

Lapersonne voorsien nie enige dalings in pryse vir die komende seisoen nie, maar die handelsoor­log tussen China en Amerika kan ’n uitwerking hê op die Chinese ekonomie, wat tans die grootste koper is van Suid-Afrikaanse wol.

Lynch sê biosekerhe­id en die gepaardgaa­nde kopersekur­iteit kan ook ’n invloed hê op die wolmark vir die res van die seisoen.

Hy sê die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer is groot rede tot kommer, en die risiko’s wat dit, tesame met slenkdalko­ors, meebring, kan Suid-Afrika toegang tot sy grootste uitvoermar­kte kos. Hy verwag dat die Australies­e skeersel met 20% sal daal weens die droogte daar. Cape Wools se verslae dui op ’n daling van 13% in die Suid-Afrikaanse skeersel.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Die eerste wolveiling in Februarie is gekanselle­er weens ’n tekort aan wol.
FOTO: JOHAN NORVAL Die eerste wolveiling in Februarie is gekanselle­er weens ’n tekort aan wol.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa