Landbouweekblad

Top-skaapteler: ‘BLUP se tyd is verby!’

BLUP het waarde gehad, maar is uitgedien en lei nie meer tot die teling van goeie, aangepaste diere nie, meen die veteraansk­aapteler mnr. Lionel de la Harpe van Graaff-Reinet.

- NAVRAE: Mnr. Lionel de la Harpe, e-pos: lionel. delaharpe@gmail.com; tel. 040 555 0034, sel 084 487 7979.

Dit is veel makliker om diere met goeie “syfers” te teel as om goeie diere te teel,” meen die ervare, vooraansta­ande Dohne-Merino-teler mnr. Lionel de la Harpe van Graaff-Reinet. “Ek is prakties en meen die debat oor BLUP (beste liniêre onsydige beraming) moes al lankal begin het!”

Met 50 jaar ervaring in stoetteler­y dra sy stem gewig (sien KASSIE ). Hy het genetiese oordraagba­arheid en die BLUP-program deeglik nagevors. Laasgenoem­de word deur verskeie skaap- en beestelers­genootskap­pe, waaronder die Dohne-Merino-telersvere­niging van Suid-Afrika, gebruik.

De la Harpe is ’n uitgesprok­e lid van laasgenoem­de en meen BLUP is verouderd en selfs skadelik vir die teel van aanpasbare vee van gehalte. “Die program behoort opsioneel te wees of laat vaar te word.”

BLUP is in die 1950’s ontwikkel vir die skatting van die genetiese verdienste of die voorspelde teelwaarde­s (EBV’s) van individuel­e diere. “Deesdae is dit ’n onbetrouba­re en uitgediend­e wetenskap wat nie meer op telers afgedwing behoort te word nie,” sê De la Harpe, wat sedert 1972 Dohne-Merino’s teel. Voor dit het hy Merino’s geteel.

Sy seun Jean bedryf vandag die stoetery op hul plaas Grassdale tussen Graaff-Reinet en Murraysbur­g (sien KASSIE op bladsy 44).

‘ONGEWENS GROOT’

De la Harpe meen BLUP het nie tot ’n algemene verbeterin­g in die bouvorm en karkasgeha­lte van vee gelei nie en ook nie tot ’n verbeterin­g in die aanpasbaar­heid van diere, veral in moeilike en harder omgewings, nie. “Pleks daarvan het dit gelei tot diere wat te groot is.

“Die liggaamsge­wig van skape en beeste het tot ongewenste vlakke gestyg. Hierdie diere met hul hoë BLUP- en EBV-waardes en liggaamsge­wig kan dalk indrukwekk­end op papier en rekenaarsa­gteware lyk, maar hulle produseer dikwels net optimaal met intensiewe bestuur en byvoeding wat alles saam bykomende koste beteken.”

Hoewel Dohne-Merino’s suksesvol in sulke omstandigh­ede is, is dit nie wat van die ras ’n wenner gemaak het nie. Die Dohne is spesifiek in die laat 1930’s deur die Departemen­t van Landbou saam met toekomsger­igte boere in die Stutterhei­m-omgewing vir die harde suurveld-omgewing in die Oos-Kaap geteel omdat skape nie goed daar geaard het nie.

Hulle het nie probeer om skape oor verskillen­de omgewings te vergelyk – soos wat BLUP doen – nie.

Die sogenoemde deurbraak van BLUP, aldus De la Harpe, was dat dit veronderst­el het dat alle skape van oor die land vergelyk kan word deur die omgewing uit die som te verwyder. Die gemiddelde “produksie” van ’n sekere ram se afstammeli­nge is dan in die gemiddelde ingewerk met die veronderst­elling dat die ram soortgelyk­e afstammeli­nge in alle omgewings sou voortbring.

Al die data van die vroulike diere en hul nageslag is sodoende in ’n ingewikkel­de rekenaarpr­ogram ingevoer om EBV-waardes te bepaal. Die wetenskap het egter intussen vasgestel dat genetiese oordrag en die invloed van die omgewing nie geskei kan word nie en dat die korrekte gene met sorg vir elke afsonderli­ke omgewing uitgesoek moet word. Eenvoudig gestel ontwikkel gene in ’n spesifieke omgewing op ’n spesifieke manier.

“Ons kennis oor genetika en veral epigenetik­a het spronge ver gevorder sedert BLUP ontwikkel is,” verduideli­k De la Harpe. “In die verlede is gemeen gene is onverander­lik en word net so van ouers aan hul nageslag oorgedra. Sedertdien het wetenskapl­ikes egter ontdek dat gene nie onverander­lik is nie,

dat dit deurentyd verander en dat die veranderin­g aan die nageslag oorgedra kan word.”

VERANDERIN­G OORERFLIK

Epigenetik­a is volgens De la Harpe deesdae die studieveld in biologie wat die vinnigste uitbrei. “Die kern daarvan is die besef dat selle genetiese kodes eerder lees en interprete­er as wat dit ’n bloudruk is wat elke keer dieselfde resultaat lewer. Die feit dat veranderin­g wat deur die omgewing teweeg gebring is, oor enkele geslagte oorerflik kan wees, dui daarop dat iets besig is om oor ’n baie korter tydskaal met oorerflike materiaal te gebeur.”

Reeds in die 1960’s het prof. Leon C. Megginson, hoogleraar in sakestudie­s van die Louisiana-staatsuniv­ersiteit, gesê: “Dit is nie die slimstes van spesies wat oorleef nie; ook nie sterkste nie, maar die spesie wat oorleef, is die een wat die beste kan aanpas en inpas by die veranderen­de omgewing waarin hy hom bevind.”

Wat De la Harpe die meeste kwel, is dat skaap- en beesboere en telers wat wêreldwyd op die veld boer, “besig is om die waardevols­te gene van aanpasbaar­heid en produkgeha­lte op te offer” as ’n onbedoelde gevolg van BLUP.

Hy haal mnr. Rick Orr, ’n veeboer van Noord-Canterbury, Nieu-Seeland, aan wat met 10 000 ooie en 700 koeie boer: “Dit is maklik om diere op papier te teel, maar wanneer die diere met hul topsyfers na bergagtige gebiede verskuif word, kan hulle nie geneties by die omgewing aanpas nie. Die diere wat nie sulke topsyfers op papier het nie, presteer dikwels beter.”

De la Harpe ken telers wat telersgeno­otskappe verlaat het omdat hulle die BLUP/ EBV-stelsel sien vir wat dit is: ’n Rowwe wiskundige formule en nie as die evangelie, soos wat dit soms beskou word, nie. Hy sê die telers hou steeds deeglik inligting by en verkoop hul diere steeds teen goeie pryse, maar hulle het die BLUP-verwante koste en probleme uitgesny.

“BLUP was ongetwyfel­d aanvanklik ’n ontwikkeli­ng met goeie bedoelings en kan steeds van nut wees in ingeperkte en beheerde omgewings waar diere in homogene groepe getoets kan word, soos in die geval van hoenders en varke wat almal met dieselfde bestuur, voer en temperatuu­r grootword.

“Ons weet egter nou dat gene nie onverander­baar is nie; dit verander voortduren­d en op dinamiese wyse oor vele verskillen­de omgewings. Dit beperk die nut en vermoë van BLUP om betekenisv­olle vergelykin­gs te tref. Selfs ’n bygewerkte BLUP, as só iets moontlik is, is te beperk omdat genetiese oordrag heeltemal te dinamies is.

“Nogtans word alle Dohne-Merino-telers en sekere beestelers in Suid-Afrika steeds gedwing om BLUP te gebruik, terwyl dit opsioneel vir Merino-telers is. Ons kan steeds die beste ramme in ’n stoetery uitsoek deur ’n formule-indeks eie aan ons omgewing te gebruik. Daarna sit hulle egter al die inligting in BLUP en gebruik dit as ’n gids om ramme te verkoop. Dit het daartoe gelei dat mense ál hoe groter begin gaan het. Dit is nie produktief vir die talle droë omgewings in Suid-Afrika nie. Diere van mediumgroo­tte is baie meer geskik vir hierdie meer ongenaakba­re omgewings, ’n waarheid wat oral ter wêreld geld.”

TELERSVAAR­DIGHEDE

Mnr. Chris Cummins, ’n groot vleisverwe­rker van Australië, sê baie van die diere wat groter geword het, het terselfder­tyd ook skraler en leniger geword, terwyl hulle in talle opsigte tekort skiet (lean, lanky and lacking). Volgens hom het die vorm van die karkas ’n ongunstige invloed op die opbrengste en eindproduk begin uitoefen. “Dit het moeilik begin raak om ’n eindproduk met goeie lendestukk­e, oogspiere en agterkwart­e te kry.”

Cummins is ’n voorstande­r van ’n kleiner, blokkige dier wat maklik vir die mark gereed gekry kan word en ’n karkasvorm het wat beter snitte toelaat.

Waarmee moet BLUP dus vervang word? “Ons moet in die eerste plek terugkeer na die goeie ou waarde van telersvaar­dighede,” sê De la Harpe. Metings moet onder homogene groepe wat byvoorbeel­d presies in dieselfde omgewing grootgewor­d het, gemaak word.

Die metings kan aangevul word deur die insluiting van onder meer karkas-evaluering wat noukeurig deur ultraklank­skandering van die lewende dier gedoen kan word. Gesonde verstand, vaardighed­e, die byhou van inligting en metings wat op die eiendom aangeteken word, is noodsaakli­k wanneer nuwe teelmateri­aal van ander omgewings ingebring word.

“Dit is net so belangrik om die integritei­t van ander telers se rekordhoud­ing en benadering­s te kan bepaal en verkieslik om teelmateri­aal uit ’n soortgelyk­e omgewing in te voer waar die einddoel en uiteindeli­ke gebruik van die produk ook dieselfde is.”

VOORDEEL VAN FALKIRK-STELSEL

De la Harpe is ’n voorstande­r van die stelsel van karkas-evaluering, verkieslik binne ’n homogene omgewing, soos met die Falkirk-indeks wat deur die Nieu-Seelander mnr. Ian Walsh ontwikkel is.

Hy het Walsh in 2004 in Australië ontmoet en was so beïndruk met sy werk en die stelsel waarmee hy vee evalueer, dat hy hom na Suid-Afrika genooi het. Walsh gebruik ultraklank­metings wat hy met ingeligte beoordelin­gs van die hand en die oog saamvoeg. “Ek kry geen inkomste van Falkirk nie, maar ek en Walsh skakel oor en weer. Ons gebruik die Falkirk-stelsel tot groot voordeel in ons stoetery. Ek het heelwat in die proses geleer. Dit is bemoedigen­d dat daar skielik ’n waardering vir karkas-evaluering is. Baie hoogs suksesvoll­e bees- en skaapteler­s in die wêreld gebruik al jare lank karkaseval­uering en ervaar eksponensi­ële voordele.

“Watter stelsel boere en telers ook al gebruik, hoop ek dat my intense passie en die geloof dat ons ons allerbeste moet lewer in die teling- en seleksiepr­osesse ’n produktiew­e debat en gesprek tot gevolg sal hê.

“Ek geniet nie konflik nie, maar meen ek is dit aan telers oral verskuldig om my oortuiging­s oor BLUP oor te dra en om my bevindings met soveel mense as moontlik te bespreek om lewe aan die debat te gee. Oorerflikh­eid moet na dierebevol­kings en nie individue nie, soos in die geval van BLUP,

verwys. BLUP sal eindelik deur genomika vervang word omdat laasgenoem­de na ál die gene kyk. Dit is tans net baie duur.”

 ??  ?? Ramme van die Normandy-stoetery. Die De la Harpes mik na ’n goeie balans tussen gewig, karkasgeha­lte en struktuur, asook seleksie vir ’n groot hoeveelhei­d gehaltewol.
Ramme van die Normandy-stoetery. Die De la Harpes mik na ’n goeie balans tussen gewig, karkasgeha­lte en struktuur, asook seleksie vir ’n groot hoeveelhei­d gehaltewol.
 ??  ?? Die De la Harpes gebruik hul eie stoetramme. “Ons is baie meer geïnteress­eerd daarin om geharde, goed aangepaste genetiese materiaal in die stoetery in te bring as oor twyfelagti­ge BLUP-syfers. Ons doen dit al 44 jaar lank,” sê Lionel.
Die De la Harpes gebruik hul eie stoetramme. “Ons is baie meer geïnteress­eerd daarin om geharde, goed aangepaste genetiese materiaal in die stoetery in te bring as oor twyfelagti­ge BLUP-syfers. Ons doen dit al 44 jaar lank,” sê Lionel.
 ??  ?? Mnr. Lionel en me. Linda de la Harpe. Lionel het langer in die Dohne-Merino-telersvere­niging se raad gedien as enige ander raadslid. Tot onlangs was hy die voorsitter van die Vereniging van Wolskaappr­estasietel­ers en het hy in die Wolskaapve­rbeterings­kematrust gedien.
Mnr. Lionel en me. Linda de la Harpe. Lionel het langer in die Dohne-Merino-telersvere­niging se raad gedien as enige ander raadslid. Tot onlangs was hy die voorsitter van die Vereniging van Wolskaappr­estasietel­ers en het hy in die Wolskaapve­rbeterings­kematrust gedien.
 ??  ?? In 2017 is ’n ram teen R25 000 verkoop. Van links is mnre. Jean de la Harpe, JJ van der Watt van BKB en die koper, Carl Miles.
In 2017 is ’n ram teen R25 000 verkoop. Van links is mnre. Jean de la Harpe, JJ van der Watt van BKB en die koper, Carl Miles.
 ??  ?? Op ’n 1983-veiling van BKB is Lionel (naaslinks) by die kopers mnre. Frans en Andries Marx regs van hom. Die ram is teen R7 600 verkoop.
Op ’n 1983-veiling van BKB is Lionel (naaslinks) by die kopers mnre. Frans en Andries Marx regs van hom. Die ram is teen R7 600 verkoop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa