Landbouweekblad

Wynbrokkie­s

-

SEWENTIG JAAR JONK

’n Legendarie­se Suid-Afrikaanse wynhandels­merk Roodeberg word vanjaar sewentig jaar oud.

Dr. Charles Niehaus, wat baanbreker­swerk in die plaaslike wynbedryf gedoen het en in die vroeë 1940’s rooi versnitte by KWV gemaak het, het in 1949 die eerste Roodeberg bekend gestel. Dit het vinnig een van die land se mees uitgevoerd­e wyne geraak – dermate dat dit voor 2004 nie juis beskikbaar was op die plaaslike mark nie. Destyds kon jy net jou hande op ’n bottel Roodeberg lê as jy ’n KWV-kwota of ’n vriend in die wynbedryf gehad het. Ruilhandel was dus aan die orde van die dag, en rugbytoets­kaartjies of biltong was gesogte “valuta” om ’n bottel of twee van dié kosbare voggies in die hande te kry.

Deesdae maak Louwritz Louw die Roodeberg-wyne, wat intussen ontwikkel het tot ’n meer moderne wyn, geskik vir hedendaags­e smake en leefstylvo­orkeure.

Bevriend Roodeberg op Facebook of volg hulle op Instagram en Twitter (@Roodeberg_Wine) om op hoogte te bly van spesiale bekendstel­lings of promosies tydens dié mylpaaljaa­r.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa