Landbouweekblad

Plase

- — JOHANN BORNMAN

In altesame 40,5% van die distrikte in die Vrystaat het grondpryse laer geneig in die 12 maande tot verlede November.

Die ontleding van grondverko­pe in die tabel is vir grond van meer as 10 ha.

In dié tyd is 630 ooreenkoms­te gesluit, wat altesame 277 928 ha teen R3,821 miljard behels het.

Daarvan was 86 transaksie­s van kleur – 14% van die totaal. Dié soort transaksie­s sluit in verhandeli­ngs tussen individue (65), staatsaank­ope vir landbougro­nd (10) en grond wat vir stedelike ontwikkeli­ng verkry is (11). Dit het 54 618 ha (19,6%) teen R509 miljoen – 13,3% van die totale waarde – behels.

Van die totaal was 48 transaksie­s vir grond van minder as 50 ha (8%) met die meeste transaksie­s (162, of 26%) vir grond van 150300 ha. Statistiek­e vir ál die provinsies is op Landbou.

com beskikbaar, asook meer besonderhe­de, soos wie die transaksie­s aangegaan het.

Klik op plaasverko­pe. Dit behels:

Statistiek­e. Besonderhe­de oor alle plaasverko­pe binne ’n distrik. Ontleding van die randwaarde per hektaar van transaksie­s in elke distrik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa