Landbouweekblad

3

-

landboureu­s red

Die Argentynse regering wil die bankrot sojamaatsk­appy Vicentin oorneem. Die regering sê sy plan sal poste help red en die land se toekomstig­e voedselsoe­wereinitei­t help verseker.

Kritici meen egter enige tipe nasionalis­ering sal die land dieper in ’n ekonomiese krisis laat sink.

Vicentin het bankrot gespeel nadat hy verlede jaar met geleende geld groot uitbreidin­gs gedoen het. Politieke onsekerhei­d oor die presidents­verkiesing in Oktober 2019 het tot die ineenstort­ing van die markte gelei en internasio­nale banke het aan die land onttrek.

Vicentin het meer as $300 miljoen (R5,21 miljard) se kommersiël­e skuld, en hy skuld plaaslike en internasio­nale krediteure meer as $1 miljard (R17,37 miljard). Vicentin besit Renova, een van die grootste sojaperse ter wêreld. – Al Jazeera en New York Times

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa