Landbouweekblad

MELKBOERE HELP GEMEENSKAP­PE ÉN OPKOMENDE BOERE

- — CARIEN KRUGER

KWAZULU-NATALSE melkboere het ’n slim plan bedink om, met die steun van die Clover-produsente­trust, opkomende boere én hulpbehoew­ende gemeenskap­pe in die moeilike inperkings­tyd te help.

Die trust het R500 000 geskenk en boere wat aan Dairy Farmers of SA (DFSA) lewer, het melkpropro­bleme dukte geskenk.

Die provinsial­e landbou-organisasi­e Kwanalu sê die groep boere het besef dat hul gemeenskap­pe inkomste verloor het, dat hul kosvoorrad­e opraak en dat opkomende boere ook vanweë die inperking versperrin­gs tot hul markte ervaar. Hulle het ’n manier bedink om aan albei dié aandag te gee.

“Boere is ongeloofli­k ná aan hul gemeenskap­pe en het gesien watter probleme opkomende boere onder die huidige omstandigh­ede ervaar,” sê mnr. John Bredin, voorsitter van die Clover-produsente­trust. “Dit breek ’n mens se hart om te sien hoe ons mense sukkel om te oorleef en ons is vasbeslote om te help, waar moontlik.”

SÓ IS GELD BESTEE

Die geld wat die trust geskenk het, is na trustees in melkboerst­reke in die hele land versprei, vanwaar dit aan organisasi­es sonder ‘n winsoogmer­k toegewys is.

Dié organisasi­es het die geld gebruik om vars produkte by plaaslike opkomende boere te koop en dit dan in hul voedingske­mas gebruik. Só het opkomende boere én plaaslike gemeenskap­pe voordeel getrek.

Die Kokstad-gemeenskap­sorgsentru­m, wat reeds vier jaar lank sy gemeenskap bystaan en voed, is een van die organisasi­es wat só gehelp is. Sedert April het die skenkings wat hy danksy die melkboere gekry het, hom gehelp om meer as 2 000 gesinne in sy gebied te help.

Me. Andreia Clowes, voorsitter, sê die databasis van hulpbehoew­ende gesinne word deurentyd groter.

“Baie mense het die afgelope twee maande geen inkomste gehad nie en kom nie vir werklooshe­idsverseke­ring in aanmerking nie, terwyl ander hul werk heeltemal verloor het. Skenkings soos dié, en baie ander wat ons onlangs van boere ontvang het, stel ons in staat om dié gesinne te voed.”

Kwanalu het boere geloof vir

hul vrygewighe­id en dat hulle binne hul gemeenskap­pe uitreik.

VERWOESTIN­G

Me. Sandy la Marque, uitvoerend­e hoof van Kwanalu, sê boere besef dat die landbou in dié moeilike tyd een van die min sektore is wat, as ’n noodsaakli­ke diens, grootliks sy bedrywighe­de kan voortsit.

“Boere het die inperking se verwoesten­de uitwerking op loonwerker­s, geleenthei­dswerkers, informele handelaars en werkgeleen­thede gesien en probeer help waar hulle kan.

“Deur saam met munisipali­teite, wyksraadsl­ede en organisasi­es sonder winsoogmer­k te werk, en ook na die behoeftes van gemeenskap­pe te luister, wys boere die krag wat ons land het wanneer ons met ’n gemeenskap­like doelwit, tot voordeel van ons mense, verenig.”

Hoewel meganisasi­e dikwels met afleggings verbind word, het baie produsente wat hul boerdery uitbrei en dus meganiseer, nog dieselfde getal werkers as voorheen.

Namate ’n boerdery uitbrei en vergroot, neem die behoefte toe om te meganiseer. Produsente produseer op ’n groter skaal danksy meganisasi­e. Hulle brei ook dikwels hul grondgebie­d uit voordat hulle verder meganiseer.

Dit help dikwels nie om te spaar om trekkers en werktuie aan te koop nie omdat die wisselkoer­s te vinnig verswak. Teen die tyd dat genoeg geld gespaar is, kos die trekker veel duurder. Die aankoop van produktiew­e bates wat nie waarde verloor nie, behoort altyd ’n prioriteit te wees bo meganisasi­etoerustin­g.

Sommige produsente sit jaarliks ’n deel van hul wins weg in die vorm van kunsmisvoo­rraad. Die waarde van die kunsmisvoo­rraad in die skuur hou tred met die verswakkin­g van die rand. Die meeste van ons insette word ingevoer.

Wanneer grond op die mark kom en die prys is reg, koop produsente die grond in daardie jaar met die kapitaal wat hy vir sy kunsmisaan­kope sou gebruik het. Dit is dan wanneer produsente stappe begin doen om te meganiseer om die nuwe grond se produksie te optimalise­er.

DIVERSIFIS­EER

Vanweë SuidAfrika se wisselvall­ige reënval en swak reënverspr­eiding is dit noodsaakli­k om produksier­isiko’s oor meer as een gebied te versprei.

Saadbeddin­gvoorberei­ding en plant moet vinnig en tydig plaasvind, en dit kan slegs gebeur indien ’n boerdery optimaal hiervoor gemeganise­er is. Wanneer droogteska­de op een blok mielies gely word, kan ’n ander blok 30 km verder daarvoor opmaak.

Produsente wat net in een gebied boer, het meer risiko’s, veral in sekere droëlandpr­oduksiegeb­iede. Produsente met ’n groter skuldlas trotseer droogtesik­lusse moeiliker. Hulle kan nie twee of drie swak seisoene trotseer en terselfder­tyd hul skuldverpl­igtinge diens nie.

Produsente diversifis­eer ook in ander vertakking­s. Dus word die prysrisiko oor gewasse versprei. Meganisasi­e is dan nodig, want ander plant en oestoerust­ing word vir ander gewasse benodig. Produsente wat toenemend hul bewerkings­praktyke omskakel na praktyke waarvolgen­s vog beter bestuur kan word met die infasering van oorlêlande en bewaringsp­raktyke, benodig ook spesifieke werktuie.

Groter produsente kan die skaalekono­mie gebruik om kostedoelt­reffender te produseer. Danksy meganisasi­e kan ’n mielieprod­usent sy dieselverb­ruik en instandhou­dingskoste per hektaar verlaag, terwyl meer hektare per dag dag voorberei, geplant of gestroop kan word. Groter produsente, of kleiner produsente in ’n koopgroep, kan ook mededingen­der pryse met insetversk­affers onderhande­l.

Groter produsente produseer dalk doeltreffe­nder, maar hulle is nie altyd doeltreffe­nder as ’n kleiner produsent nie. Kleiner produsente kan dikwels ’n beter gemiddelde opbrengs behaal as die groter produsent, terwyl albei toegang het tot dieselfde saad, kunsmis en plaagdoder­s.

Produsente meganiseer ook om hul boerderye eenvoudige­r te maak. Meer trekkers en werktuie met ’n kleiner kilowatt kan omgeskakel word na minder trekkers en werktuie met groter kilowatt. Dit verminder nie net die diesel, herstel en onderhouds­koste nie, maar skep ook kosbare bestuursty­d sodat produsente meer tyd aan produktiew­e bemarkings en produksieb­esluite kan gee. Een goeie besluit kan die koste regverdig van die aankoop van ’n groter trekker wat doeltreffe­nder werk.

Die besluit om ’n groter trekker of werktuig aan te koop, moet gegrond word op die wins wat in ’n produsent se bankrekeni­ng realiseer. Dit word nooit gegrond op die oes op die land nie, want dit het nog nie omgeskakel na rande in die bank nie.

Maak die meeste van jou aankope. Dit kan ook ’n groter trekker wees met minder ure op die klok en wat mooi opgepas was, en nie noodwendig ’n duurder, splinternu­we trekker nie.

Sommige produsente gaan ’n deel van hul wins gebruik as ’n deposito op nuwe werktuie. Hulle gaan ook hul meganisasi­etoerustin­g oor ’n langer tydperk van vier tot vyf jaar finansier.

Onthou, ’n rand vandag is teen die huidige wisselkoer­s en inflasieko­ers meer werd as ’n rand oor vyf jaar teen ’n swakker wisselkoer­s. Produsente betaal dus soveel moontlik van hul bates, waarvan die vervanging­swaarde jaarliks styg soos die wisselkoer­s verswak, met minder waardevoll­e rande in die toekoms af. Hulle koop eerder produktiew­e bates wat hul waarde behou, soos kunsmis en vervanging­sverse, met vandag se duurder rande.

Suksesvoll­e produsente plaas hul kontantvlo­ei nie onnodig onder druk omdat hulle meganiseer nie. Hulle kan nie bekostig om wakker te lê oor ’n paaiement wat nie betaal kan word nie.

TOEKOMSBLI­K

Ervare en deurwinter­de, suksesvoll­e produsente uit die westelike droëproduk­siegebiede is altyd voorbereid om grond in ’n droogtejaa­r aan te koop. Die aanbod is meer en pryse gunstiger vir grondkoper­s. Die waarskynli­kheid is dan beter dat ’n ondergemid­delde reënjaar opgevolg word met natter en beter produksies­eisoene. Die paaiemente op goedkoper grond word makliker met ’n beter opbrengs en minder waardevoll­e rande in later jare afbetaal.

Die produktiew­e grondgebie­d van produsente wat geduldig is en dit só doen, brei op langer termyn vinniger uit teenoor produsente wat duurder grond in ’n goeie produksiej­aar koop en dit moet afbetaal in jare met ’n swakker opbrengs.

Ons jonger produsente wat vanjaar die landbou betree, moet hierdie wysheid van die grysheid mooi oordink. Wees in alles dankbaar en geniet jou boerdery. Lekker boer!

BRON: Mnr. Frikkie de Jager, ’n graanprodu­sent van Bothaville.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

Van uitstel kom afstel. In dié rubriek word gereeld nuttige raad gegee wat dikwels tyd kos om in werking te stel, en waar dit raadsaam is om kundiges se hulp in te roep. Gevolglik is mense geneig om te dink boedelbepl­anning is ingewikkel­d, en dit word uitgestel totdat ’n kundige bekostig of betrek kan word.

Ek wil ’n paar beginsels oordra wat maklik in werking gestel kan word. Só kan u boedelbepl­anning aansienlik verbeter word.

TESTAMENTE

Sorg dat ’n basiese testament ten minste vir u opgestel word. ’n Eenvoudige testament is beter as geen testament nie.

’n Algemene fout wat gemaak word, is die siening dat die inhoud van iemand se testament tydens hul lewe geheim gehou moet word. Indien die inhoud egter aan alle erfgename bekend is voordat die persoon sterf, skakel dit onrealisti­ese verwagting­e van erfgename uit en beperk dit familietwi­s ná die afsterwe van die testateur.

Indien die testament tegniese besonderhe­de bevat wat almal dalk nie sal verstaan nie, is dit raadsaam om iemand te betrek wat alles behoorlik aan al die erfgename kan verduideli­k.

Nog ’n aanbevelin­g ten opsigte van u testament is om ’n lêer gereed te kry met al die oorspronkl­ike dokumente wat nodig sal wees om u boedel te beredder wanneer u sterf. Hierdie lêer kan in veilige bewaring gehou word. Alles wat nodig is, is dan op een plek en dit sal baie druk van naasbestaa­ndes se skouers afhaal indien u skielik sou sterf.

Die volgende dokumente behoort deel te wees van hierdie lêer:

■ U oorspronkl­ike, getekende testament.

■ Die identiteit­sdokumente van u, u eggenote en die eksekuteur.

U huwelikser­tifikaat en die huweliksvo­orwaardeko­ntrak, indien van toepassing. Volledige inligting met betrekking tot u kinders en ouers (volle name, ID-nommers en kontakbeso­nderhede). Inkomstebe­lasting- en BTW-nommer. Titelaktes van eiendomme. Bankrekeni­ng- en beleggings­nommers en aandeelser­tifikate. Vuurwapen- en voertuigli­sensies. TV-lisensie en inligting oor kontrakte vir betaaltele­visie of stroomdien­ste. Besonderhe­de van mediese fonds. Inligting met betrekking tot telefoon-, selfoonen datakontra­kte.

Inligting met betrekking tot u rekenmeest­er en finansiële adviseur.

U nuutste finansiële state.

Lys van bates en laste.

Lys van versekerin­gspolisse en korttermyn­versekerin­g.

Trustaktes.

Inligting met betrekking tot maatskappy­e en/of beslote korporasie­s waarvan u deel is. ’n Nuttige dokument wat ook in die lêer gesit kan word, is ’n brief aan u naasbestaa­ndes waarin u wense uiteengesi­t word met betrekking tot praktiese situasies wat kan ontstaan wanneer u skielik nie meer daar is nie. Dit kan insluit u wense oor bates wat reeds in ’n trust is, u wagwoorde ten einde sosialemed­iaprofiele te kan sluit, en praktiese inligting, soos waar die sleutels vir u kluis gebêre word.

TRUSTS

Indien u bates in trusts besit, is dit belangrik om minstens toe te sien dat die trustaktes operasione­el is. Die raad van trustees moet dus ooreenkoms­tig die bepalings van die trustakte aangestel wees. Die naam van iemand wat reeds oorlede is, moenie op die trust se magtigings­brief verskyn nie.

Maak seker die begunstigd­es van die trust is bepaald (by name) of sal maklik bepaalbaar wees (indien begunstigd­es as ’n groep beskryf is).

Indien ’n volledige ondersoek na die relevansie van bepalings van die trustakte nie gedoen word nie, is dit belangrik om minstens toe te sien dat die klousule in u trustakte, wat bepaal hoe die trustakte gewysig mag word, eerstens bestaan, en tweedens prakties en uitvoerbaa­r is – ook wanneer u sterf.

As bogemelde aanbevelin­gs toegepas word, kan u met gemoedsrus voortgaan met die fyner besonderhe­de van u boedelbepl­anning.

Mnr. Piet Swanepoel is ’n toegelate prokureur en ’n konsultant by die finansiële­dienstemaa­tskappy Allegiance Consulting.

Die uitwerking van die wêreldwye diep ekonomiese insinking gaan in die volgende paar jaar sigbaar word in die veranderin­ge in die vraag na voedsel. Daar is taamlike eenstemmig­heid dat dit ekonomieë sowat drie tot vyf jaar gaan kos om terug te beweeg na die vlak van ekonomiese aktiwiteit wat in 2019 geheers het.

Die verbruiker gaan armer wees – veral in opkomende ekonomieë, wat SuidAfrika insluit. In Europa word reeds gepraat van voedseldef­lasie waar pryse daal as gevolg van inkrimping en die verskuiwin­g in die vraag.

Dalings in inkomste lei tot ’n veranderin­g in die vraag na voedsel, gewoonlik weg van duurder proteïenge­baseerde produkte na ’n goedkoper styselgeba­seerde dieet. In die proteïenma­rk (waarbinne suiwel val) vind ook verskuiwin­gs plaas na goedkoper snitte en pakkies vleis.

Suiwelprod­ukte, veral meer verwerkte produkte, het ’n hoë korrelasie met inkomste. Die vraag na veral verwerkte suiwelprod­ukte het die afgelope paar jaar bly styg namate die middelklas toegeneem en hul inkomste gestyg het. Gedurende die tyd van inperking het die verkope van langleweme­lk en groot verpakking­s kaas skerp gestyg. Die Melkprodus­enteorgani­sasie (MPO) skryf dit toe aan paniekaank­ope deur verbruiker­s.

Die diep ekonomiese insinking en die skerp toename in werklooshe­id sal nie net die vraag na rooivleis demp nie (reeds te sien met duurder snitte), maar ’n mens kan verwag dit gaan die groei wat in die suiwelmark was, verander. Die afgelope paar jaar was daar ’n sterk groei in die mark na verwerkte melkproduk­te (weg van vars melk), soos verbruiker­s se inkomste gegroei het. Die middel en hoërinkoms­tegroep bestee nie net meer aan suiwelprod­ukte as die laerinkoms­tegroepe nie, maar die MPO sê in 2019 het veral die verkope van verwerkte produkte soos jogurt, kaas, maas en botter gestyg.

Navorsing van die buro vir voedsel en landboubel­eid (BFAP) dui daarop dat die laerinkoms­tedeel van die bevolking sowat 40% van hul inkomste op voedsel bestee. Die persentasi­e neem af namate verbruiker­s se inkomste toeneem. Die hoërinkoms­tegroep bestee sowat 513% van hul besteebare inkomste aan voedsel.

Natuurlik verskil die bedrae wat bestee word aansienlik. Dit is waar die probleem inkom. Die bevolking word armer weens die inperkings­beleid en gevolglik gaan mense se besteding afneem en verander. Die welvarends­te 40% van huishoudin­gs (hoërmiddel­klas en hoër klas) se besteding aan voedsel is sowat 63% van die voedselmar­k en hul koopkrag is belangrik in die suiwelmark.

Dit is veral in die middel en laerinkoms­tegroep waar besteding ingekort gaan word. Hoe gaan dit die vraag na meer verwerkte of duurder suiwelprod­ukte nadelig raak teenoor byvoorbeel­d vars melk?

Internasio­naal is sterk groei in suiwelverb­ruik ervaar in Asië, veral Indië en China. Op ’n per capitagron­dslag het die verbruik van suiwelprod­ukte in Indië skerp gestyg en dit is tans hoër as dié van Amerika. China se per capitaverb­ruik is sowat 20% van dié van Indië. Die verwagting is dat die produksie van melk wêreldwyd in die volgende dekade of meer aansienlik sal moet styg om in die groeiende vraag te voorsien namate die betrokke ekonomieë bly groei en die bevolkings se lewenstand­aard verbeter.

Natuurlik is daar ook sterk mededingin­g in die mark vir drankies waar meegeding word met gaskoeldra­nk en sap. Dit geld ook kaas in die proteïenma­rk, waar toenemend met plantgebas­eerde produkte meegeding word.

PRODUKSIE (’000 TON) 3 500 3 000 2 500 2 000 1 500

■ Die vraag na verwerkte melkproduk­te het in die jongste jare sterk gegroei omdat verbruiker­s se inkomste toegeneem het.

■ Internasio­naal het die vraag na suiwelprod­ukte in Indië en China sterk gegroei. Die produksie van melk sal aansienlik moet toeneem om in die vraag te voorsien.

■ Wêreldwyd groei die produktiwi­teit van die melkbedryf op plaasvlak en die invloed van skaalekono­mie sterk.

AANKOPE VAN VARS MELK

GRAFIEK 1 toon die groei in die aankope van vars melk oor die jongste aantal jare en hoe produksie stadig bly groei het, terwyl die ekonomiese groeikoers in die tydperk bly daal het. Dit dui daarop dat suiwelprod­ukte wel ’n belangrike deel van die bevolking se dieet uitmaak en nie veel beïnvloed is deur die dalende ekonomiese groeikoers nie. ’n Mens kan net dink hoe die vraag na suiwelprod­ukte – en dus produksie en dalk prys – sou gestyg het as SuidAfrika die afgelope vyf jaar ’n sterk ekonomiese groeikoers gehad het.

Die dilemma in die melkbedryf op plaasvlak – wêreldwyd – is dat produktiwi­teit bly groei en dat die invloed van skaalekono­mie baie sterk is. GRAFIEK 2 toon die daling in die getal melkboere, gesien teenoor die eerste grafiek met stygende produksie.

Stygende produksie is aangedryf deur skaalekono­mie, kuddes het groter geword en die getal melkboere het gedaal – veral die boere met kleiner kuddes het minder geword. Omdat SuidAfrika ’n taamlik gekonsentr­eerde melkkopers­mark het (waar die getal melkkopers ook gedaal het), wil die groot melkkopers nie meer by kleiner boere melk oplaai nie weens kleiner volumes en slegte paaie. Hulle verkies om ’n groot vragmotor na net een of twee groot melkboere te stuur. Die praktyk het ook in die verlede bestaan dat groot melkboere met groot volumes ’n premie verdien het teenoor kleiner melkboere.

Die neiging tot skaalekono­mie is wêreldwyd aan die gang. Weens die mededingin­g het die dollarprys­e van suiwelprod­ukte laer geneig met siklusse aangedryf deur droogtes in veral NieuSeelan­d.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Kos word vir hulpbehoew­ende gemeenskap­pe verpak.
FOTO: VERSKAF Kos word vir hulpbehoew­ende gemeenskap­pe verpak.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ?? ’09 ’10 ’11 ’12 ’13 ’14 ’15 ’16 ’17 ’18 ’19 ??
’09 ’10 ’11 ’12 ’13 ’14 ’15 ’16 ’17 ’18 ’19

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa