Landbouweekblad

-

Vennootska­p

Mango’s,rooibostee

Clovellyen­Fernwoodaf­komstigvan Tafelbergs­andsteen

GEMIDDELDE REËNVAL: 213 mm/jaar

wervlei. Ek wou ’n kwart hektaar met twee herhalings van 24 verskillen­de bostam-onderstam-kombinasie­s beproef. Hulle het ingestem en ek het die plantmater­iaal verskaf en ons het die blokkie in 1999 aangeplant. Ek het twee maal per jaar die blokkie besoek om die data in te samel. Dit was baie waardevoll­e inligting wat vir my ’n aanduiding gegee het wat hier sal werk, watter oestye verwag kan word en watter struikelbl­okke daar is.”

Die voordeel van mango’s in die Kaap is die tydgleuf waarin dit geoes kan word. Goeie gehalte mango’s het vir tot R80/4 kg-boks (R20/kg) op varsproduk­temarkte verkoop vir die ses weke van einde Februarie tot middel Mei. Dit is ’n tydgleuf waarin die produsente van die noorde nie mango’s kan produseer nie en die vraag na mango’s hoog is en ook die tyd waarin Van den Heever mango’s kan oes.

“Ons oes tans ’n gemiddeld van ongeveer 25 ton/ha op net meer as 50 ha draende bome. ’n Gemiddeld van 30 ton/ha is ons mikpunt.” Indien die 30 ton/ha gerealisee­r kan word en Van den Heever ’n gemiddelde prys van R15/kg vir sy oes kan verdien, kan hy tot R450 000 per hektaar verdien.

Dit is ’n goeie gemiddelde opbrengs, maar dit is nie sonder onsekerhed­e nie en buitendien is opbrengs nie die enigste maatstaf waarmee Van den Heever homself wil uitsonder nie. Die oesproses van mango’s is duur.

Om dus bloot te konsentree­r op opbrengs en nie die waarde van die vrug te verbeter nie, gaan nie verhoogde winsgewend­heid meebring nie. Om ’n premie met die regte kultivar op die regte tyd te verdien, is Van den Heever se doelwit. Aanvanklik was hierdie struikelbl­okke groot, want kultivars soos Heidi lewer uitstekend­e gehalte, maar is moeilik om vrugbaar te hou ná die boom 10 jaar oud geword het. Kultivars soos Sensation is baie vrugbaar, maar dit verg ewe veel kundigheid en geluk om te verseker dat die interne gehalte van Sensation goed is.

Met ’n nuwe kultivar, wat hy Tropika noem, het hy heel moontlik die troefkaart om die goeie eienskappe van Heidi én Sensation in een vrug vas te vang.

OES VAN FEBRUARIE TOT MAART

“Tropika word van Februarie tot Maart geoes. Dit het uitstekend­e interne gehalte, toon goeie set en opbrengs en vaar selfs onder nette baie goed.

“Dit het ’n pragtige geel-oranje-rooi kleur as dit ryp is. Die bome dra boonop baie uniforme vrugte. Die meeste vrugte pak tus

 ??  ?? Só lyk ’n Tropika-mango as dit op die perfekte tyd geoes word. Die groen deel van die vrug word ’n heldergeel kleur en die dieppers kleur aan die bokant van die vrug word ’n helderrooi soos die vrug ryp raak. Dié vrug het ’n rakleeftyd van minstens twee weke.
Só lyk ’n Tropika-mango as dit op die perfekte tyd geoes word. Die groen deel van die vrug word ’n heldergeel kleur en die dieppers kleur aan die bokant van die vrug word ’n helderrooi soos die vrug ryp raak. Dié vrug het ’n rakleeftyd van minstens twee weke.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa