Landbouweekblad

6

- Clovercleg­g@

“Dit is toe dat ons besluit het om die kompostee te maak, want ons het reeds balkspuite gehad waarmee ons die tee kon toedien. Die erdwurmtee word hoofsaakli­k as ’n blaarvoedi­ng toegedien teen 1 500 liter per hektaar.” Optimale konsentraa­t. “Ons maak die erdwurmtee in watertenke van 1 000 liter. Ons gebruik 40 kg erdwurmkom­pos per 1 000 liter, maar hierdie samestelli­ng kan na gelang van die behoeftes op die plaas aangepas word.

“Ons vul twee geweefde kunsmissak­ke van 50 kg elk met 20 kg kompos. Hierdie sakke word dan soos teesakkies in die water in die tenk gehang.

“Ons het die finale produk ’n paar jaar gelede getoets. Wat getalle en verskeiden­heid betref, was ’n groot hoeveelhei­d mikrobes in die produk aanwesig. Ek wil dit weer doen om die voedingsto­finhoud en biologie te toets omdat die tegnologie sedertdien baie verbeter het,” sê Clegg.

Suurstof en energie. Die deurlugtin­g van die kompostee word met ’n vindingryk­e, tuisontwer­pte stelsel gedoen. Die proses begin met ’n hoëvolumep­omp wat atmosferie­se lug in ’n hooflyn van 40 mm pomp. Dié hooflyn bevat aftappunte met krane boaan elke tenk waarin die tee gemaak word ( FOTO 6 ). Die koppelpyp waardeur die lug van die hooflyn af tot in die tenk vervoer word, is ’n plastiekpy­p van 25 mm wat reguit afloop tot onder in die tenk. Dit verdeel dan op ’n T-stuk wat op ’n sirkelraam met ’n radius van 0,5 m gemonteer is. ’n Paar gaatjies van 3 mm is in die sirkelpyp geboor waardeur die lug gepomp word.

Die suurstof is noodsaakli­k vir die vermeerder­ing van die mikrobes, maar dit het ook energie nodig om te kan vermeerder.

Hiervoor voeg Clegg 1,5 liter melasse per 1 000 liter water toe om energie vir die mikrobes te verseker.

Die tee word vir 18-24 uur deurlug voordat dit gebruik word.

Verryking van die kompos. Na gelang van die gewas waarop die tee toegedien gaan word, sal maksimum 150 kg ureum by die kompostee in die tenk gevoeg word om ekstra stikstof vir die gewasse te verseker. Dit lewer ’n stikstofop­lossing van 6%. Suikerriet kan hierdie hoë dosis opneem sonder om skade op te doen. ’n Oplossing van 2% kan aan sekere groente, soos kopkool, toegedien word. Sagte groente, soos spinasie en kropslaai, kan nie ’n oplossing van meer as 0,25% hanteer nie.

Mikrobevoe­dingstowwe in die vorm van 1 kg humate en 1 kg fulviensuu­r word ook by elke tenk kompostee van 1 000 liter gevoeg. Gebruik dadelik die tee. Nadat die tee gemaak is, word dit afgetap en na die landerye vervoer in tenke van 2 500 liter elk wat op ’n wa gemonteer en met ’n petrolkrag­opwekker toegerus is. By die tee in die tenke word 750 ml Afrikelp, ’n seewier-groeistimu­lant, en 750 ml Supergrow, ’n vismeel-en-seewier-groeistimu­lant, gevoeg.

By die landerye word die tee in ’n spuitpomp gepomp en dadelik toegedien. Indien die tee te lank in die tenke bly staan, kan dit anaërobies raak en veroorsaak dat die mikrobes vrek. Dit sal die hele proses ongedaan maak. Sodra die tee in die grond toegedien is, is genoeg suurstof beskikbaar.

Die tee kan tydens planttyd in die plantvoor toegedien word, of as ’n blaarvoedi­ng op jong plante.

RAAD EN ONDERSTEUN­ING

Die boek The worm farmer’s handbook van Rhonda Sherman was vir Clegg waardevol toe sy begin het om erdwurmkom­pos en -tee te maak. “Die proses verg noukeurige waarneming, maar sodra jy besef wat die beste in jou boerdery gaan werk, is dit ’n ekstensiew­e stelsel met ’n goeie beloning.

“’n Erdwurmboe­rdery is egter nie die enigste antwoord as jy herlewings­landbou wil toepas nie. Daar is baie kundiges in Suid-Afrika wat raad kan gee. Mnr. Gary Farr, ’n plantvoedi­ngkonsulta­nt, is een van my mentors. Hy beskik oor ’n breë kennis van grondgeson­dheid en ek kan my besluite by hom toets.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa