Landbouweekblad

Hou by die reëls

-

Skeibreker­s, dit is wat ons is. Ons laat ons nie sommer voorskryf nie.

Soggens as ek met my fiets in ons woonbuurt rondry, sien ek dit oral om my. Stappers en drawwers by die dosyne, en die helfte van hulle stap aan die verkeerde kant van die pad of selfs in die middel van die pad met hul brakkies en al. Motoriste en medefietsr­yers ignoreer verkeersre­ëls asof dit nog nooit bestaan het nie. Die ongekende vryheid ná weke van op en af in jou eie agterplaas stap vir oefening, het blykbaar vryheid geword om alle reëls oorboord te gooi.

Nog erger is dit as jy hoor van groepe jagters wat wild gaan oes het met die nodige permitte, maar sonder die spesiale permit vir die vervoer van vleis wat tydens die vlak 4inperking vereis is. Hier in die OosKaap word ’n luiperd uit “selfverded­iging” geskiet tydens ’n bosvarkjag. Volgens my inligting was enige sportjag tydens vlak 4 verbode, maar dalk het die bosvarkjag­ters permitte gehad of het hulle dit ingevolge regulasies vir die uitroei van probleemdi­ere gedoen.

Watter stories nog die ronde doen, wil ’n mens liewer nie weet nie. Koerante en nuusbronne noem ongelukkig nie altyd ál die feite nie. Stories soos dié het dalk ’n keersy en ek kan nie ’n oordeel uitspreek nie.

Wat ek wel weet, is dat stories soos dié wat op die openbare verhoog en veral sosiale media beland, die beeld van ons as jagters oneindige skade berokken. Die opvatting wat mense het, is vir hulle net so waar soos die werklike feite. Mense volg ongelukkig nie altyd stories op nie en hoor dan nie as nuwe feite aan die lig kom nie. Dit wat hulle eerste raaklees, is vir hulle evangelie en word roekeloos verder versprei.

TRAP IN JOU SPOOR, JAGTER

Ons kan nie meer gerus slaap nie. As 2 000 mense wat glo beswaar gehad het só ’n groot invloed kon hê op die verbod op die verkoop van tabakprodu­kte, waar laat dit ons as jagters as ’n beduidende groep beswaar sou maak teen jag of die gebruik van wildsvleis? As die minister en komitee wat oor tabaksake besluit, soveel mag het, hoekom nie later ook die landbou, wild en jag beheer nie? Ons as jagters moenie ’n voet verkeerd sit nie.

Ek was baie dankbaar en verras toe die minister aangekondi­g het jag word weer ingevolge vlak 3regulasie­s toegelaat omdat dit ’n groot ekonomiese bydrae lewer. Ek het onlangs die laaste stuk koedoerugb­iltong uit die vrieskas gehaal om klein “steakies” te sny. My vrieskas is nou leeg, maar my twee jaggeleent­hede vir die jaar sal ek ongelukkig moet uitstel, want ek val in die hoërisikog­roep.

Tog sal ek weer kan gaan jag, selfs nog later vanjaar. Ek het groot simpatie met boere en jagplase wat vanjaar verliese gaan ly. Hoe goed ons nou by die reëls hou, sal deurslagge­wend wees vir die volhoubaar­heid van jag.

FOPNUUS EN SKINDERPRA­ATJIES

SuidAfrika­ners is ’n nasie wat verskrikli­k graag gerugte versprei – gerugte wat soms groot skade aanrig. Een voorbeeld is dat die vleisvervo­erregulasi­es nou jagbedrywi­ghede gaan beperk.

Ek is ook bekommerd oor sommige van die regering se stappe wat ’n geurtjie van totalitari­sme in jou neus laat – ’n bestel wat altyd ’n doodsreuk dra. Ek dink daar is darem genoeg goeie mense in die regering sodat onsinnighe­de nie heeltemal die oorhand kry nie, hoewel die verbod op drankverko­pe wat wynboere benadeel het, ’n mens tog laat wonder.

Mnr. Fred Camphor, uitvoerend­e hoof van die SuidAfrika­anse Jagters en Wildbewari­ngsverenig­ing, waarsku in ’n spesiale nuusbrief: “Daar het oor die naweek ’n gerug die ronde gedoen dat die departemen­t van landbou se wysiging van die vleisveili­gheidsregu­lasies om wildsvleis in te sluit, ernstige beperkings plaas op jag vir eie gebruik en bloot ten doel het om enkele individue baie sterk te bevoordeel. Ons wil lede weer maan om baie versigtig te wees en u nie te laat beïnvloed deur gerugte en skindersto­ries nie. Die boodskap wat rondgestuu­r is, is nie waar nie.”

Dit is ’n goeie voorbeelde van gerugte en dit bly uitstekend­e raad om te volg. Maak baie seker voordat jy die forwardkno­ppie op jou rekenaar of selfoon druk. Die impak van die aanstuur van fopnuus is dikwels baie groter as wat jy dink.

Ons skietbaan word dalk eers op vlak 1 oopgestel, maar ons kan altyd bly hoop op ’n vroeër datum. Intussen is elke liewe koeëldoppi­e in my herlaaikas deur die matryse gedruk, na lengte gesny en mooi blink gepoleer in die doppieskoo­nmaker, en nuwe ladings is uitgewerk. Nog net ’n paar maande, dan skiet ons weer.

Ek het onlangs die laaste stuk koedoe-rugbiltong uit die vrieskas gehaal om klein ‘steakies’ te sny.

Ben Fourie is ’n jag- en geweergees­driftige van Port Elizabeth.

 ??  ?? Inperking-blues: Ben Fourie sien al baie uit na sy volgende jaguitstap­pie.
Inperking-blues: Ben Fourie sien al baie uit na sy volgende jaguitstap­pie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa