Landbouweekblad

LIVESTOCK EN DIE GROOT PLAASPROE VANJAAR VIRTUEEL

- Www.livestock.org.za diegrootpl­aasproe.co.za www. 021 975 4440 admin@agriexpo.co.za.

DIE sewende jaarlikse Agri-Expo Livestock en die Groot Plaasproe sal vanjaar virtueel aangebied word. Die Suid-Afrikaanse veebedryf sou vanjaar van Donderdag 8 tot Sondag 11 Oktober 2020 op Sandringha­m buite Stellenbos­ch saamtrek vir dié geleenthei­d, maar nou sal hulle dit enige plek in die land aanlyn kan bywoon.

In die lig van die huidige ekonomiese klimaat, onsekerhed­e oor die hervatting van geleentop hede en veral die impak wat die Covid-19-pandemie nog lank op maatskappy­e sal hê, het Agri-Expo besluit om alle beoogde ekspo’s in 2020 virtueel aan te bied. Só sê mnr. Johan Ehlers, uitvoerend­e hoof van dié landbougen­ootskap.

“Ons het ’n verantwoor­delikheid teenoor ons vertoners, uitstaller­s, vennote en die publiek om nie by te dra tot verdere onsekerhed­e nie en daarom kondig ons hierdie besluit vroegtydig aan,” sê Ehlers.

“Ná die sukses van Agri-Expo se eerste virtuele aanbieding van die Suid-Afrikaanse Kaasfees van 25 tot 27 April vanjaar, meen ons dat ons wel baie waarde kan toevoeg deur nóg nuwe virtuele platforms aan entreprene­urs, besighede en landbou-organisasi­es soos telersgeno­otskappe te bied.”

Volgens Ehlers beoog Agri-Expo ’n opwindende drie dae lange virtuele byeenkoms van Vrydag 9 tot Sondag 11 Oktober 2020 met hope inligting en vermaak.

“Die doel van Livestock is om vir Suid-Afrika se toptelers ’n platform van wêreldgeha­lte te gee om hul diere te skou en die rasse te bemark, maar ook om die jeug te betrek by verskillen­de fasette van die landbousek­tor.

“Opleiding en kennis-oordrag vorm ’n integrale deel van die ekspo, wat virtueel ook ’n groot impak kan hê.”

Die volledige program sal op en

aangekondi­g word.

Vir nog inligting, bel Agri-Expo by of stuur e-pos aan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa