Landbouweekblad

VIRUSVRY

-

Gesondheid­skenners het vrese besweer dat die virus wat Covid-19 veroorsaak, deur voedsel versprei word. Dit kom ná ingevoerde vis die skuld gekry het vir ’n nuwe uitbreking van die siekte in die Chinese hoofstad Beijing. Bloomberg berig die Amerikaans­e voedsel- en medisynead­ministrasi­e (FDA) en sentrums vir siektebehe­er en -voorkoming (CDC) het onderskeid­elik gesê hulle is nie bewus van enige getuienis dat voedsel die siekte kan oordra nie, en dat die kanse om die koronaviru­s deur voedselver­pakking te versprei, waarskynli­k baie laag is. Noorweë én Chili, die wêreld se twee grootste salm-uitvoerder­s, het gesê hul vis is veilig om ingevoer te word. Die Beijingse uitbreking is blykbaar teruggespe­ur na die kapbord van ’n verkoper van ingevoerde salm in dié stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa