Te­wie het nog ge­leef na aan­val

Mossel Bay Advertiser - - Voorblad - Lou­i­se Kar­sten

Te­wie Hu­man, ‘n in­wo­ner van Groot-Brak­ri­vier wat saam met sy vrou, Eu­ri­ka Hu­man in 2016 by hul wo­ning in Sand­hoog­te­pad wreed ver­moor is, het waar­skyn­lik dae na die aan­val nog ge­leef, maar was waar­skyn­lik be­wus­te­loos voor­dat hy dood is. Die eg­paar se lig­ga­me op Sa­ter­dag, 18 Ju­nie ont­dek. Aan­vank­lik is ge­re­ken dat Te­wie ook op Dins­dag, 14 Ju­nie dood is.

Dié skok­ken­de ge­tui­e­nis is Woens­dag, 30 Au­gus­tus, by die aan­vang van die ver­hoor in die rond­gaan­de hoog­ge­regs­hof in Mos­sel­baai deur dr Chris­ta Hat­tingh, die staat se eer­ste ge­tuie, ge­le­wer. Hat­tingh het ‘n na­dood­se on­der­soek op die Hu­man-eg­paar uit­ge­voer.

Vol­gens Hat­tingh het Te­wie ‘n mi­ni­mum van se­we kop­won­de ge­had. Drie van die won­de is met ‘n pan­ga aan die reg­ter­kant toe­ge­dien en drie aan die lin­ker­kant van sy kop. Daar was ook steek­won­de aan sy bors wat ver­moe­de­lik met ‘n self­ge­maak­te ti­pe mes toe­ge­dien is. Met die na­dood­se on­der­soek het ‘n ge­deel­te van dié mes uit Te­wie se kle­re ge­val.

Hat­tingh sê die feit dat Te­wie se lig­gaam ten tye van die na­dood­se on­der­soek nog “goed be­waar was”, is ‘n te­ken dat hy nie on­mid­del­lik na die aan­val dood is nie. Hat­tingh sê ri­gor mor­tis tree ge­woon­lik drie ure na die dood in. Vol­gens Hat­tingh het die koue vloer en die be­knop­te ruim­te van die mo­tor­huis ver­moe­de­lik ook by­ge­dra tot die “be­wa­ring” van sy lig­gaam. Sy sê al die kop­won­de was 35mm diep en tus­sen 60mm en 180mm lank. Sy het dit aan die staats­aan­kla­er, Chris­t­hé­nus van der Vi­j­ver ge­stel dat Te­wie weens die krag waar­mee die kop­won­de toe­ge­dien is, selfs van net een kop­wond sou sterf. “Daar was geen kans dat hy die aan­val sou kon oor­leef nie.” Te­wie het ver­moe­de­lik weens frak­tu­re aan sy kop, ‘n brein­be­se­ring, as­ook bloed­ver­lies ge­sterf.

Die eg­paar se skoon­seun, ds Gerhard Pie­ter­sen het by die hof aan die Mos­sel Bay Ad­ver­ti­ser ge­sê, dit was baie swaar om die ge­tui­e­nis van Hat­tingh aan te hoor, juis om­dat die fa­mi­lie ge­won­der het of sy skoon­pa da­de­lik ge­sterf het.

Eu­ri­ka en Te­wie Hu­man.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.