39 jaar vir ver­krag­ter

Mossel Bay Advertiser - - Voorblad - Gar­nett Wi­comb en Lou­i­se Kar­sten

‘n Mo­tor­werk­tuig­kun­di­ge van Mos­sel­baai wat skul­dig be­vind is aan die ver­krag­ting van twee mei­sies van on­der­skei­de­lik 13 en 14 jaar as­ook nog vyf sek­su­e­le mis­dry­we met die kin­ders, is op Maan­dag, 28 Ju­lie in die Oudts­hoorn-streek­hof tot al­te­saam 39 jaar ge­van­ge­nis­straf ge­von­nis.

Die 52-ja­ri­ge Do­nald S­mit, wat 47 jaar oud was toe hy die da­de met die kin­ders ge­pleeg het, en vol­ge­hou het dat hy on­skul­dig is, was vol­gens die staats­aan­kla­er, adv Mi­chel­le Wey­ers, in ‘n ver­trou­ens­po­si­sie aan­ge­sien die kin­ders deur hul ou­ers in sy sorg ge­laat was.

S­mit het die twee slag­of­fers by ‘n kerk in Mos­sel­baai ont­moet.

Wey­ers het die hof ver­soek om, soos deur die wet voor­ge­skryf le­wens­lan­ge ge­van­ge­nis­straf op te lê.

Streek­land­dros Da­ni­ël Boks het met von­nis­op­leg­ging ge­sê Smith het die da­de met twee jong, on­skul­di­ge en weer­lo­se kin­ders ge­pleeg en geen be­rou ge­toon nie. S­mit het aan die ein­de van die ver­hoor met die be­we­ring voor die hof ge­kom dat hy aan e­rek­tie­le dis­funk­sie lei en dus nie tot die mis­dry­we in staat was nie. Die hof het eg­ter hier­die be­we­ring ver­werp.

Smith is al­te­saam 25 jaar tronk­straf op­ge­lê op twee aan­klag­te van ver­krag­ting en nog 14 jaar op vyf an­der sek­su­e­le klag­tes, wat sek­su­e­le aan­ran­ding, sek­su­e­le ge­reed­ma­king en sta­tu­tê­re ver­krag­ting in­sluit.

Se­we jaar kan sa­me­lo­pend met van die von­nis­se vir ver­krag­ting uit­ge­dien word, wat ef­fek­tie­we tronk­straf van 32 jaar be­te­ken.

Op Woens­dag, 30 Au­gus­tus het S­mit se regs­ver­teen­woor­di­ger ‘n aan­soek vir ver­lof om teen die von­nis­se te ap­pel­leer voor die hof ge­bring.

S­mit is na ‘n on­der­soek deur kapt Ma­ria Ger­ber van die SAPD se een­heid vir ge­sins­ge­weld, kin­der­be­sker­ming en sek­su­e­le mis­dry­we in Mos­sel­baai in heg­te­nis ge­neem.

Fo­to: Gar­nett Wi­comb

Streek­land­dros Da­ni­ël Boks het aan die be­skul­dig­de, Do­nald S­mit ef­fek­tief 32 jaar ge­van­ge­nis­straf op­ge­lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.