Ver­dag­te pleit on­skul­dig op moord

Mossel Bay Advertiser - - News - Lou­i­se Kar­sten

Die ver­dag­te wat deur le­de van die Groot­Brak­ri­vier-po­li­sie in heg­te­nis ge­neem is in ver­band met die moord op Te­wie en Eu­ri­ka Hu­man, Tam­san­qa Sis­hu­ba (26), het op Woens­dag, 30 Au­gus­tus in die rond­gaan­de hoog­ge­regs­hof op Mos­sel­baai on­skul­dig ge­pleit op die vier aan­klag­te teen hom. Sis­hu­ba, wat Sotho praat, word aan­ge­kla van die moord en roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de op bei­de Te­wie en Eu­ri­ka Hu­man. Sis­hu­ba was in die­self­de kle­re ge­klee waar­mee hy ‘n jaar te­rug in Groot-Brak­ri­vier se land­dros­hof ver­skyn het. Sis­hu­ba het Woens­dag, na­dat hy on­skul­dig ge­pleit het, aan die hof ge­sê dat ‘n twee­de ver­dag­te, Le­bo­hang Ret­ha­bi­le Le­ko­ro (ook be­kend as S­te­ven) hom op Maan­dag, 13 Ju­nie 2016 ge­vra het of hy ek­stra geld wil ver­dien. Vol­gens Sis­hu­ba was hy be­vriend met Le­ko­ro en het Le­ko­ro vir ‘n ge­rui­me tyd vir Te­wie ge­werk. Te­wie het ‘n ri­ool­diens­te-on­der­ne­ming be­dryf. Sis­hu­ba het aan die hof ge­sê dat hy en Le­ko­ro op die dag van die moord vroeg­og­gend saam na die Hu­mans se huis is. Vol­gens Sis­hu­ba was dit nog don­ker en het Le­ko­ro vir Te­wie aan­ge­val toe Te­wie bui­ten­toe ge­stap het. Le­ko­ro het na be­we­ring vir Te­wie met ‘n pan­ga aan­ge­val. Sis­hu­ba be­weer dat hy slegs een hou met die pan­ga toe­ge­dien het, na­dat Le­ko­ro hom be­veel het om dit te doen. Vol­gens Sis­hu­ba het Le­ko­ro die­self­de aand glo aan hom ge­sê: “I fi­nis­hed the old man up.” Hy sê Le­ko­ro het ‘n bus­kaart­jie na Bloem­fon­tein ge­koop. Vol­gens Sis­hu­ba het die po­li­sie op ‘n Sa­ter­dag met hom in sy woon­ge­bied, Wol­we­dans kom ge­sels. Sis­hu­ba het ‘n sleu­tel van Le­ko­ro se huis in die­self­de woon­buurt ge­had om­dat hul­le vrien­de was. Hy is saam met die po­li­sie na Le­ko­ro se huis om die deur vir die po­li­sie oop te sluit. Sis­hu­ba is kort daar­na in heg­te­nis ge­neem. Die staats­aan­kla­er, Chris­t­hé­nus van der Vi­j­ver het aan dr Chris­ta Hat­tingh, wat die na­dood­se on­der­soek op die eg­paar ge­doen het, ge­vra of slegs een van die kop­houe Te­wie se dood sou kon ver­oor­saak. Hat­tingh het hier­op “ja” ge­ant­woord. Vol­gens Hat­tingh is al die kop­won­de met die­self­de ma­te van krag toe­ge­dien. Vol­gens die Suid-Kaap po­li­sie­woord­voer­der, kapt Mal­colm Po­jie, word Le­ko­ro as die baas­brein ag­ter die dub­be­le moord be­skou. Le­ko­ro het ver­moe­de­lik na Le­so­tho ge­vlug en is steeds op vrye voet. Die po­li­sie bied ‘n be­lo­ning aan vir in­lig­ting wat kan lei tot sy in heg­te­nis­na­me.

Vol­gens Sis­hu­ba was hy be­vriend met Le­ko­ro en het Le­ko­ro vir ‘n ge­rui­me tyd vir Te­wie ge­werk.

Reg­ter Ro­bert Hen­ney, voort­sit­ten­de be­amp­te van die Rond­gaan­de Hoog­ge­regs­hof.

Tam­san­qa Sis­hu­ba

Le­bo­hang Ret­ha­bi­le Le­ko­ro (ook be­kend as S­te­ven) is steeds op vrye voet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.