Mossel Bay Advertiser

Kabeldiewe maak weer amok

- Cornelle Carstens

Kabeldiewe is weer opnuut bedrywig in die Mosselbaai-omgewing. Volgens die jongste inligting ontvang van die Da Gamaskoppo­lisie, is daar sedert 22 Julie en 2 September minstens vier sake van kabeldiefs­tal aanhangig gemaak, waarin ongeveer 4km van Telkom se oorhoofse kabels gesteel is.

Die plekke waar kabeldiefs­tal plaasgevin­d sluit in die R328 na Oudsthoorn, tussen die Welbedag- en Matjiesdri­ft-afdraaipaa­ie; die Aalwyndal-pad tussen Louis Fourieweg en die Mosselbaai-vliegveld; die R328 tussen Hartenbos Heuwels en Sonskynval­lei, asook die pad tussen Dibiki-oord en die Hartenbosr­ivieroord.

Volgens die Da Gamaskop-polisie, word die kabels teen die pale afgeknip. Nadat dit op die grond geval het, word dit in die veld skoongemaa­k en weggeneem.

Die koperdraad word vermoedeli­k skoongebra­nd

“Skroothand­elaars mag nie gebrande koperdraad aankoop of daarmee handeldryf nie. Daar word opnuut ‘n beroep op die publiek gedoen om enige verdagte aktiwiteit­e te rapporteer. Ons vermoed egter dat hierdie kabels nie plaaslik nie, maar elders verkoop word,” sê kapt Wollie Fourie, kommunikas­iebeampte van die Da Gamaskop- polisie. Alhoewel leidrade opgevolg word, is daar nog geen verdagtes in hegtenis geneem nie.

Die geskatte waarde van die kabels wat tot dusver tydens hierdie voorvalle gesteel is, is R500 000, aldus kapt Fourie.

Persone wat hulle aan hierdie diefstal skuldig maak kan ook in terme van die Wysigingsw­et op Strafregte­like Aangeleent­hede (Wet 18 van 2015). Hierdie wet het op 1 Junie 2016 in werking getree.

Hierdie Wet verseker dat daar strenger voorwaarde­s opgelê word vir die toekenning van borgtog ten opsigte van noodsaakli­ke infrastruk­tuurverwan­te oortreding­s. Daar word ook voorsienin­g gemaak vir die oplegging van strenger vonnisse aan oortreders.

Die Wet word beskou as ‘n tydige instrument om toenemende dade van vandalisme en diefstal van infrastruk­tuur te hanteer.

Enige persoon met inligting aangaande kabeldiefs­tal of verdagte aktiwiteit­e, kontak ao Thinus Newman (044 606 2240).

 ??  ?? Sowat 4km Telkom-kabels is in onderskeie voorvalle sedert Julie in die Mosselbaai­omgewing gesteel.
Sowat 4km Telkom-kabels is in onderskeie voorvalle sedert Julie in die Mosselbaai­omgewing gesteel.
 ??  ?? Kabels word kort teen die paal afgeknip.
Kabels word kort teen die paal afgeknip.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa