Par­kies maak stran­de skoon

Mossel Bay Advertiser - - News - Cor­nel­le Car­stens

So­wat 70 graad 2-leer­ders van La­er­skool Park het Len­te­dag ge­vier deur deel te neem aan ‘n strand­skoon­maak­pro­jek on­der lei­ding van Ko­sie Ge­ric­ke. Ge­ric­ke het on­langs be­trok­ke ge­raak by An­to­nio Da Sil­va-Swart se strand­skoon­maak i­ni­si­a­tie­we, wat on­der­skryf word deur Ca­peNa­tu­re, Plas­ti­cs SA en C­hec­kers. An­der plaas­li­ke on­der­ne­mings wat as borg vir die uit­stap­pie op­ge­tree het is Seeff-ei­en­dom­me.

Ge­ric­ke, wat reeds et­li­ke ja­re be­trok­ke is by die Gros­ve­nor-oor­le­wing­stap­tog vir seuns, se dog­ter is ‘n graad 2-leer­der aan La­er­skool Park. Daar was groot op­ge­won­den­heid on­der die leer­ders toe hul­le Vry­dag­og­gend uit die skool­bus­sies klim in Bay­view. ‘n Paar ou­ers en ook op­voe­ders het die en­toe­si­as­tie­se groep ver­ge­sel. Die leer­ders is toe­ge­rus met be­sker­men­de hand­skoe­ne en vuil­goed­sak­ke vir die taak wat op hul­le ge­wag het. So tus­sen­deur die skoon­ma­ke­ry het Ge­ric­ke ook van die ge­leent­heid ge­bruik ge­maak om in­te­res­sant­he­de oor die see­le­we met die leer­ders te deel. Die stap­tog het ten ein­de ge­loop by Di­as­strand. Die leer­ders het die 1.92 km strand­langs vol­tooi in drie ure en hul­le deel ge­doen om Mos­sel­baai mooi te hou. Vol­gens Ge­ric­ke is op­volg skoon­maak­pro­jek­te reeds in die be­plan­ning. Op 16 Sep­tem­ber, We­reldom­ge­wings­dag, sal die Mos­sel­baai- en Da Ga­mas­kop­po­li­sie­sta­sies deel­neem aan ‘n strand­skoon­maak, ter­wyl daar ook be­plan word om die strand van­af G­len­ta­na tot by die wrak skoon te maak, al­dus Ge­ric­ke.

Sien ook die vi­deo by www. mos­sel­ba­y­ad­ver­ti­ser.com

Drie ure la­ter is dit wat die Par­kies ver­mag het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.