Kenani soek jou ougoed
Die ACVV Kenani hou op 30 September 'n mini basaar en witolifant-verkoping vanaf 08:00 by hul perseel, Alphastraat 7 op Mosselbaai. "Ons is op soek na al jou ougoed. As jy meubels in die huis of in die motorhuis het wat moet uit, bring dit vir ons. Ons kan gebruik maak van enige items in en rondom jou huis om by te dra tot ons belangrike fondsinsamelingspogings." Help Kenani met hierdie fondsinsamelingsprojek van hulle en skenk jou ougoed vir hulle witolifant-verkoping.
Vir navrae, kontak die Kenani-kantoor (044 690 3204 of 044 690 3794).