Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai se bekende mini-akwarium by die Punt verspoel

- Tersia Marais

Die bekende Shark Lab, Mosselbaai se eie mini-akwarium, by die Punt het die afgelope tyd baie skade gehad nadat rowwe seetoestan­de en uitermate hoë deinings twee maal in ‘n kort tydperk, deur die akwarium gespoel het. Die Shark Lab dien as ‘n opvoedkund­ige sentrum waar toeriste en skoolgroep­e die marienelew­e van naderby kan sien. Daar kan ook saam met hondhaaie geswem word om die publiek bewus te maak daarvan dat nie alle haaie gevaarlik is nie.

Die personeel van die Shark Lab gee ook graag raad aan vistenkeie­naars en daar word ook visspesies hier gerehabili­teer. As gevolg van die ligging reg by die see, is die personeel ook opgelei om beseerde seevoëls te ontvang vanwaar hulle na SAPREC (Seabird and Penguin Rehabilita­tion Centre) geneem word. Indien daar Kaapse pelsrobbe op die rotse rus, word hulle ook gemonitor. Dit is belangrik dat hierdie mini-akwarium behoue bly om sy opvoedkund­ige rol te vervul.

 ??  ?? Die verwoeste binnekant van die Shark Lab by die Punt nadat die see twee weke gelede deur die mini-akwarium gespoel het en groot skade aangerig het.
Die verwoeste binnekant van die Shark Lab by die Punt nadat die see twee weke gelede deur die mini-akwarium gespoel het en groot skade aangerig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa