Mossel Bay Advertiser

Stapklub ontspan voor toetsreeks

-

Een-en-dertig brawe stappers van Hoërskool Punt se stapklub het onlangs saam met me Elna Nel na Rondebossi­e-hut vertrek vir ‘n heerlike naweek voor die toetsreeks begin.

Die Vrydagaand word daar vuur gemaak, gebraai, plaatkoeki­es gebak en lekker gesels.

Saterdagog­gend is almal wakker en reg vir die 13 kilometer tot by die Diepwalle-hut.

Vroegoggen­d is almal vol moed vir die lieflike Jonkersber­g wat voorlê. Al die agterosse kom darem in die kraal en almal rus heerlik bo-op Jonkersber­g terwyl hulle die pragtige uitsig geniet.

Hulle het net na 12:00 by die plek waar hulle middagete sou geniet aangekom en lekker gerus.

Na middagete is almal weer vol moed vir die laaste paar kilometer. Die laaste deel was maar warm en die pad wou nie eindig nie. As dit nie vir al die water en energiesta­fies was nie, sou hulle dit waarskynli­k nie gemaak het nie. Die dapper stappers arriveer toe by Diepwalle-hut, reg vir hulle warm stort, maar ongelukkg vir die meisies moes hulle wag totdat juffrou Nel klaar gestort het voor hulle hierdie lafenis kon geniet.

Die aand is daar heerlik gekuier en daar was selfs drie stappers wat deurnag gesels het.

Sondagogge­nd het almal om kwart oor sewe op aandag gestaan, reg om huis se kant toe te vertrek waar die skoolboeke gelê en wag het. Die naweek was waarlik onvergeetl­ik met al die gees, stories en etery.

 ??  ?? Die dapper stappers van Punt se stapklub.
Die dapper stappers van Punt se stapklub.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa