Mossel Bay Advertiser

Met dapper en stapper vir borskanker

-

Begin jou kuite strek, jou tone te krul en wikkel jou lyf. Hier kom ‘n ding, want dit is weer tyd vir Kansa se borskanker­stap. Vanjaar vind die stappery plaas op Woensdag, 11 Oktober om 18:00 by die Langeberg Mall.

Almal kan deelneem en dit is die ideale geleenthei­d vir besighede en organisasi­es om hul ondersteun­ing te wys vir die stryd teen kanker en bietjie span te bou. Die sowat 5km-roete is maklik en toeganklik vir alle deelnemers en dit is rolstoelvr­iendelik. Die sirkelroet­e rondom die sentrum word twee keer gestap.

Registrasi­e vind reeds vanaf 17:00 plaas en diegene wat graag reeds per e-pos wil registreer, kan e-pos stuur aan Lucinda Viljoen by lucinda@cansa.org.za

Die verrigting­e gaan om sowat 19:30 afgehandel wees. Kostes beloop R40 per volwassene en R15 vir kinders onder 16 jaar.

Enige organisasi­es of besighede wat graag van hierdie geleenthei­d gebruik wil maak vir bemarkings­doeleindes, kontak Lucinda Viljoen (082 663 3529).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa