A­ren­de kel­der G­rens met vyf d­rieë

Mossel Bay Advertiser - - Sport - An­dré S­tan­der

Doem­pro­fe­te wat die SWD A­ren­de af­ge­skryf het, het Vry­dag­aand sleg op hul neus ge­kyk toe hul­le die G­rens-Bul­l­dogs op Ou­te­ni­qua­park oor­tui­gend met 41-20 ge­klop het.

Rus­tyd was die wen­span reeds met 28-6 voor.

Die A­ren­de het al­le af­de­lings van die spel oor­heers en vyf d­rieë ge­druk. Se­wen­tien d­rieë in drie wed­stry­de toon wat­ter a­von­tuur­li­ke be­na­de­ring die A­ren­de nou volg.

Vir die Oos-Ka­pe­naars moes dit 'n bit­ter pil ge­wees het om te sluk na­dat hul­le SWD van­jaar reeds twee keer ge­klop het.

Ryn­ard van As, hoof­af­rig­ter van die A­ren­de, en sy be­stuur­span ver­dien 'n pluim­pie vir hul klin­ken­de oor­win­ning oor die Bul­l­dogs.

"Ek is on­ge­loof­lik trots op die ou­ens.

Die har­de werk wat ons die af­ge­lo­pe ne­ge we­ke in­ge­sit het, het van­aand vrug­te af­ge­werp. Ons het baie ge­fo­kus op kon­di­si­o­ne­ring, krag­werk en span­struk­tuur en dit het ons weer op die wen­pad ge­plaas.

"My span se er­va­re spe­lers, die oud-Bok D­a­von Rau­ben­hei­mer (agt­ste­man), Mar­tin du Toit (los­ska­kel en kap­tein), Jo­han S­teyn (skrum­ska­kel) en Jan­ne­man S­tan­der (flank) se be­sluit­ne­ming was uit die boon­ste rak­ke en het baie druk op die teen­stan­ders ge­plaas.

"Ons het nog te veel fou­te ge­maak, daar is nog har­de werk wat voor­lê voor ons vol­gen­de wed­stryd Sa­ter­dag teen die G­rif­fons in Wel­kom. Die goeie nuus is dat ons be­se­rings­vry deur die wed­stryd kon gaan," het Van As na die wed­stryd ge­sê.

Die wen­span se kook­wa­ter-flank, Jan­ne­man S­tan­der, was on­ge­twy­feld die bes­te spe­ler op die veld.

S­tan­der, wat in die 12de en 35ste mi­nuut van die eer­ste helf­te twee prag­drieë ge­druk het, het met sy krag­spel en rots­vas­te ver­de­di­ging be­ïn­druk en is as spe­ler van die wed­stryd aan­ge­wys. Die ta­lent­vol­le kant­man, F­re­gi­nald A­fri­ca, wat in die 17de mi­nuut gaan druk het, het ook 'n bars­hou ge­speel. Hy het tal­le om­ge­keer­de be­sit be­werk­stel­lig en het met sy vaart G­rens ont­se­nu.

Rau­ben­hei­mer was 'n to­ring van krag in die lyn­sta­ne. Die stut­te, Luxo­lo Ko­za los­kop­stut) en Vu­ki­le So­fi­sa (vas­kop­stut), het al­bei goed ge­speel in hul de­buut­wed­stryd. In die vas­te­los het hul reu­se werk ver­rig. Die nu­we aan­wins, die 23-ja­ri­ge Ty­ler Fis­her (bui­te­sen­ter) wat vir die Pu­mas in 11 wed­stry­de uit­ge­draf het, het die toe­skou­ers op hul voe­te ge­had met sy vlym­skerp breek­slae en rots­vas­te ver­de­di­ging in die mid­del­veld.

Die sterk sen­ter gaan def­ni­tief nog diep spo­re trap in A­ren­de rug­by.

Die A­ren­de se pun­te­ma­sjien, Leig­h­ton Ek­steen (heel­ag­ter), wat 21 pun­te aan­ge­te­ken het met 'n drie, vyf doel­skop­pe en twee straf­doe­le, was hul groot plan­ma­ker ag­ter­langs.

Pun­te­ma­kers:

SWD A­ren­de 41 (28): D­rieë - Jan­ne­man S­tan­der (flank, 2) Leig­h­ton Ek­steen (heel­ag­ter), F­re­gi­nald A­fri­ca (flank), Mar­lou van Nie­kerk (plaas­ver­van­ger­bin­ne­sen­ter).

Ek­steen slaag ook met vyf doel­skop­pe en twee straf­doe­le.

Mar­tin du Toit, los­ska­kel en kap­tein van die A­ren­de, het die G­rens-Bul­l­dogs se ver­de­di­ging soms oor­hoops ge­had met sy vlym­skerp breek­slae. Dié be­we­ging het uit­ge­loop op ‘n drie deur Leig­h­ton Ek­steen (heel­ag­ter) na­dat Du Toit vyf ver­de­di­gers ge­klop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.