Mos­sel­baai loop on­der mis­daad deur

Mossel Bay Advertiser - - News - Cor­nel­le Car­stens en Lou­i­se Kar­sten

D­rie be­sig­he­de in Mos­sel­baai is die af­ge­lo­pe na­week deur die­we ge­tei­ken ter­wyl die ei­e­naar van ‘n tuin­diens­te-on­der­ne­ming ‘n noue ont­ko­ming ge­had het. In die eer­ste voor­val het vyf ge­wa­pen­de mans die Mos­sel­baai Bak­ke­ry in Voor­baai op Son­dag, 24 Sep­tem­ber be­roof.

Vol­gens die ei­e­naar van die bak­ke­ry, Da­nie Hoff­man, het dit die ro­wers slegs ses mi­nu­te ge­neem om die mis­daad uit te voer.

“Op die kring­te­le­vi­sie­ma­te­ri­aal kan ‘n mens dui­de­lik sien dat hul­le vier keer by die ge­bou ver­by­ge­ry het voor die roof­tog,” het Hoff­man by na­vraag ge­sê. Die ro­wers was ge­wa­pen met twee pis­to­le, ‘n re­wol­wer en ‘n mes, al­dus Hoff­man. Hul­le het om­streeks 13:00 op die se­we werk­ne­mers by die bak­ke­ry toe­ge­slaan.

“Op die vi­de­o­ma­te­ri­aal kan ‘n mens sien hoe hul­le die werk­ne­mers ge­bied om op die vloer te lê, hul­le vas­bind en hul­le dan skop en slaan. Hul­le het my voor­man met ‘n vuur­wa­pen teen die kop ge­dreig om die s­trong room oop te sluit.”

Vol­gens po­li­sie, was die ver­dag­tes ge­mas­ker en het die voer­tuig waar­in hul­le ge­ry het, ‘n wit Toyo­ta-se­dan, geen nom­mer­pla­te ge­had nie. Die roof­ver­dag­tes het met ‘n groot som geld van die to­neel ge­vlug en is steeds op vrye voet. Ver­skeie lei­dra­de word tans deur die Da Ga­mas­kop-po­li­sie op­ge­volg.

Oud­he­de­win­kel

In die twee­de voor­val het ‘n ver­dag­te by die oud­he­de­win­kel in Marshstraat, Dé­jà Vu Vin­ta­ge Hou­se op Dins­dag­og­gend, 26 Sep­tem­ber om on­ge­veer 02:00 in­ge­breek. In hier­die voor­val blyk dit as­of die in­bre­ker ‘n glas­skuif­deur stuk­kend ge­kap het om toe­gang tot die per­seel te kry. Die win­kel se a­larm­stel­sel is ge­ak­ti­veer, waar­na die ver­dag­te op die vlug ge­slaan het. In­wo­ners van ‘n na­by­ge­leë woon­stel­ge­bou het glo die ge­kap ge­hoor en het die vlug­ten­de ver­dag­te in Marshstraat ag­ter­na­ge­sit. Hul­le het ook dank­sy hul­le op­let­tend­heid, in­lig­ting aan die po­li­sie ver­skaf wat in die on­der­soek kan ge­bruik word.

Die voor­val word deur die Mos­sel­baai­po­li­sie­sta­sie on­der­soek.

Gas­te­huis en bak­steen­gooi­e­ry

‘n Gas­te­huis-ei­e­naar van Mos­sel­baai het ‘n saak van dief­stal by die Mos­sel­baai­po­li­sie­sta­sie aan­han­gig ge­maak na­dat daar on­der meer kos en ‘n te­le­vi­sie in die oor­een­stem­men­de tyd as die an­der mis­da­de by die gas­te­huis ge­steel is. Die po­li­sie on­der­soek die voor­val, maar die gas­te­huis­ei­e­naar wou nie oor die saak uit­brei nie.

In ‘n af­son­der­li­ke voor­val het die ei­e­naar van ‘n tuin­diens­te-on­der­ne­ming, Ri­car­do Dip­pe­naar ‘n noue ont­ko­ming ge­had na­dat hy werk­ne­mers in JCC-kamp op Son­dag, 24 Sep­tem­ber af­ge­laai het. Vol­gens Dip­pe­naar het hy om on­ge­veer 19:45 uit die ge­bied ge­ry, toe ‘n per­soon ‘n bak­steen deur sy voer­tuig se ven­ster ge­gooi het. Die bak­steen het Dip­pe­naar op die skou­er ge­tref maar hy kon daar­in slaag om weg te kom.

Foto: Da­ve van der Mer­we

Ri­car­do Dip­pe­naar het ‘n noue ont­ko­ming ge­had toe ‘n per­soon ‘n bak­steen deur sy voer­tuig se ven­ster ge­gooi het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.