Aan­klag teen on­der­wy­ser on­der­soek

Mossel Bay Advertiser - - News - Lou­i­se Kar­sten

‘n Man­s­on­der­wy­ser van Groot-Brak­ri­vier het op Dins­dag, 26 Sep­tem­ber in die land­dros­hof op Groot-Brak­ri­vier ver­skyn op ‘n aan­klag van aan­ran­ding.

Vol­gens po­li­sie het die ver­dag­te na be­we­ring ‘n 11-ja­ri­ge leer­der voor die res van die klas ge­slaan en ge­wurg. Po­li­sie­be­amp­tes van die een­heid vir ge­sins­ge­weld, kin­der­be­sker­ming en sek­su­e­le mis­dry­we op Mos­sel­baai het die on­der­wy­ser twee we­ke na die voor­val in heg­te­nis ge­neem. Vol­gens ‘n po­li­sie­woord­voer­der, ser­sant C­han­tel Ma­rais, het die voor­val by die Groot-Brak­ri­vier Pri­mê­re Skool ge­beur.

Ma­rais sê die graad 6-leer­der het aan die po­li­sie ge­sê dat die on­der­wy­ser hom met ‘n rot­tang in die klas­ka­mer voor an­der leer­ders ge­slaan het.

Vol­gens Ma­rais het die kind eers oor die voor­val stil­ge­bly, maar sy ou­ers twee dae na­dat dit ge­beur het, daar­van ver­tel. Die po­li­sie het be­ves­tig dat die leer­der vir ‘n me­die­se on­der­soek ge­neem is, waar­na die on­der­wy­ser in heg­te­nis ge­neem is.

Die saak is uit­ge­stel na 17 Ok­to­ber vir ver­de­re on­der­soek.

Die woord­voer­der van die Wes-Kaap­se de­par­te­ment van on­der­wys, Pad­dy Att­well sê die de­par­te­ment be­skou die be­weer­de voor­val in ‘n erns­ti­ge lig.

Die on­der­wy­ser het hom met ‘n rot­tang in die klas­ka­mer voor an­der leer­ders ge­slaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.