Eer­ste sooi ge­spit vir nu­we Her­berts­da­le-hui­se

Mossel Bay Advertiser - - News -

Nu­we hui­se word vir Her­berts­da­le be­plan en Mos­sel­baai se uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter, raads­heer Har­ry Le­ven­dal het ver­le­de week die eer­ste sooi vir die nu­we ont­wik­ke­ling ge­spit.

Meer as 150 hui­se word in hier­die be­hui­sings­pro­jek in die voor­uit­sig ge­stel. Dit is slegs die twee­de be­hui­sings­pro­jek op die lan­de­li­ke dor­pie se­dert die ne­gen­ti­ger­ja­re, en word ook die groot­ste ka­pi­taal­pro­jek tot nog toe op Her­berts­da­le.

Al die be­guns­tig­des vir die hui­se is van Her­berts­da­le en van pla­se in die om­ge­wing.

“Ons is baie bly dat die Her­berts­da­le­be­hui­sings­pro­jek na ja­re van onderhandelings kan be­gin. Dié pro­jek lê my na aan die hart, want dis die plek waar my voor­sa­te van­daan kom,” al­dus bur­ge­mees­ter Le­ven­dal.

Die pro­jek be­hels 154 ten vol­le ge­diens­te er­we met hui­se, waar­van die diens­te­kom­po­nent van die pro­jek reeds in 2016 teen ’n kos­te van R6,9 mil­joen vol­tooi is.

Die ten­der om die hui­se te bou is on­langs aan die kon­trak­teur, Mar­nol Pro­jects toe­ge­ken wat reeds met die grond­werk be­gin het. El­ke huis gaan so­wat 40 vier­kan­te me­ter groot wees, met twee slaap­ka­mers, ‘n bad­ka­mer en oop­plan­sit­ka­mer en kom­buis.

Na be­ra­ming sal die pro­jek teen Ok­to­ber 2018 vol­tooi te wees.

Mos­sel­baai se uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter, raads­heer Har­ry Le­ven­dal, het die eer­ste sooi van ‘n be­hui­sings­pro­jek in Her­berts­da­le ge­spit. Saam met hom is ver­skeie rol­spe­lers, on­der meer amp­te­na­re en kon­trak­teurs en le­de van die Her­berts­da­le be­hui­sings- en wyks­ko­mi­tee­le­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.