Ruil­pro­gram soek sken­kings

Mossel Bay Advertiser - - News -

Die her­win­ba­re-ruil­win­kel­pro­jek is die Mos­sel­baai-mu­ni­si­pa­li­teit se "gaan groen"pro­jek waar­by per­so­ne hul her­win­ba­re af­val­pro­duk­te soos glas, kar­ton, pa­pier en plas­tiek kan in­ruil vir huis­hou­de­li­ke pro­duk­te soos toi­let­wa­re, sa­ni­tê­re pro­duk­te en voed­sel.

Daar is tans twee be­staan­de ruil­win­kels in die Mos­sel­baai-om­ge­wing: Ma­qa­ban­gastraat in K­waNon­qa­ba by die Bar­ce­lo­na Bee­hi­ves en in Groot-Brak­ri­vier by La­er­skool Groot-Brak­ri­vier.

Hier­die ruil­win­kels funk­si­o­neer op ‘n pun­te­stel­sel en word be­man deur vry­wil­li­gers van die or­ga­ni­sa­sie Piet Ju­lies Vig­s­ak­sie­groep en La­er­skool Groot-Brak­ri­vier. Die Bar­ce­lo­na­straat-ruil­win­kel is oop op Maan­dae, Woens­dae en Vry­dae va­n­af 13:00-15:00. Die Groot Brak-ruil­win­kel is daag­liks oop na skool-ure, aan­ge­sien die ruil­win­kel deur een van die on­der­wy­sers be­man word. Die veel­doe­li­ge funk­sie van die ruil­win­kels is om die ge­meen­skap­pe skoon te hou, om se­kon­dê­re in­fek­sies te voor­kom, om per­so­ne te help om no­di­ge i­tems te be­kom en hul waar­dig­heid in die pro­ses te be­hou en om per­so­ne te help om CV’s op te stel en om hul na­me op ‘n da­ta­ba­sis vir werk­lo­ses te plaas. Die ruil­win­kel is eg­ter af­hank­lik van sken­kings en daar­om word daar ‘n be­roep ge­doen op be­sig­he­de, sko­le, ker­ke en die ge­meen­skap van Mos­sel­baai om i­tems te skenk vir die ruil­win­kel om ef­fek­tief te funk­si­o­neer. E­ni­ge sken­kings soos toi­let­wa­re, sa­ni­tê­re pro­duk­te, skoon­maak­mid­dels en voed­sel pro­duk­te sal ver­wel­kom word.

Sken­kings kan af­ge­gee word by die mu­ni­si­pa­le kan­to­re in Wit­wa­ters­rand­weg op Har­ten­bos. Vir na­vrae, kon­tak (044 606 5251) of e-pos a­krit­zin­ger@mos­sel­bay.gov.za of spie­ter­sen@mos­sel­bay.gov.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.