Kers­voor­be­rei­dings in­spi­reer VLV-vroue

Mossel Bay Advertiser - - Health & Beauty -

VLV Vo­ël­vlei het van­dees­week ‘n leer­sa­me by­een­koms op Gou­rit­z­mond ge­had.

Han­lie van Kof­fie­sto­ries op Gou­rit­z­mond het ‘n de­mon­stra­sie ge­le­wer van hoe om ‘n Kers­boom van ke­ëls te maak en daar­na met ge­gom­de tou te be­dek. Die boom­pies kan in ver­skil­len­de groot­tes ge­maak, word, af­han­gen­de van waar jy dit wil ge­bruik - klei­ne­res vir ta­fel­ver­sie­rings of gro­tes vir ‘n fo­kus­punt in jou ver­trek.

Daar­na wys Han­lie hoe om klein vet­plant­jies op ‘n turks­vy­blaar oor te plant. Die blaar­tuin kan as ge­skenk aan ie­mand ge­gee word, ver­al in ‘n om­ge­wing waar daar min vars blom­me be­skik­baar is.

El­ma­rie En­gel­brecht, ook grap­pen­der­wys ge­noem die “spoeg-en-plak-juf­frou”, het staps­ge­wys ver­dui­de­lik hoe om klein la­pen­gel­tjies te maak uit af­val­ma­te­ri­aal wat in hart­vorms uit­ge­sny is. Die vroue het die ge­leent­heid ge­kry om mee te doen en ‘n paar ou­li­ke en­ge­le, par­ty met woes­te rooi ha­re het ge­stal­te ge­kry. Dit maak ‘n ou­li­ke en goed­koop kers­ver­sie­ring.

Ri­ka de Vil­liers het vyf ver­skil­len­de ver­sier­sels vir kol­wyn­tjies ge­de­mon­streer. Sy het geen ver­sier­sui­ker ge­bruik in die meng­sels nie. Van ‘n tro­pie­se smeer en melk­pap tot ‘n da­del­smeer­sel. Die vroue kon ty­dens tee­tyd self van die sme­re proe.

Laas­tens het E­li­ze Pie­naar die vroue ver­maak met ‘n grap­pi­ge ver­tel­ling van ‘n stu­dent wie se kur­sus el­ke jaar met nog ‘n jaar ver­leng is om­dat dit so ‘n “be­lang­ri­ke” kur­sus was en hoe hy sy ou­ers jonk moes hou om vir hom te bly be­taal.

Met Kers­fees al­weer om die draai, was ‘n de­mon­stra­sie van hoe om ver­sie­rings te maak heel­te­mal in die kol.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.