Er­fe­nis­dag­vie­rin­ge in F­rie­mers­heim

Mossel Bay Advertiser - - Heritage Day | Erfenisdag -

F­rie­mers­hei­mers het die af­ge­lo­pe na­week in ge­tal­le by die ge­meen­skap­saal by­een­ge­kom om Er­fe­nis­dag te vier met geen te­kort aan ver­maak nie. Ty­dens die fees­vie­rin­ge het die plaas­li­ke ta­lent ‘n kans ge­kry om te wys waar­toe hul­le in staat is, ter­wyl an­der uit­voe­ren­de kuns­te­naars van Mos­sel­baai se kant af “in­ge­voer” is.

Die Er­fe­nis­dag­pro­gram is aan­ge­bied deur die Mos­se­baai-mu­ni­si­pa­li­teit in sa­me­wer­king met MOKKA (Mos­sel­baai Kre­a­tie­we Kul­tuur­as­so­si­aie). Ver­le­de jaar, het MOKKA in sa­me­wer­king met die mu­ni­si­pa­li­teit, ‘n soort­ge­ly­ke pro­gram aan­ge­bied in die I­mek­ha­ya-skool­saal, K­waNon­qa­ba. Van­jaar is daar eg­ter be­sluit om die Er­fe­nis­dag­vie­rin­ge na die bui­te­wy­ke van Mos­sel­baai te neem vir gro­ter in­klu­si­wi­teit.

Tuis op hul­le ba­ker­mat, het die Gou­rikwa­man­ne­koor op­ge­tree met gas­kuns­te­naars uit K­waNon­qa­ba, die Mos­sel Bay Har­mo­ny Voi­ces.

Dans­i­tems is soos al­tyd goed ont­vang en die dans­groe­pe het weer uit­ge­haal om te wys wie se lyf die soe­pel­ste is. Groe­pe en so­lis­te het in­ge­sluit King­dom Kids, 3in1, El­ton, D’T­rix De­veraux Kie­wiet met die hoog­te­punt op die dans­spys­kaart deur die im­mer­ge­wil­de, S­ni­pers van Mos­sel­baai.

Die Groot-Brak­ri­vier Kom­pa­nie-or­kes het vir ‘n fees­te­li­ke at­mos­feer ge­sorg met geen te­kort aan uit­staan­de klets­ry­mers in­slui­tend Fai Y “B” (Fai­zel Bruin­tjies) en The Young One (Ens­lin A­pril) nie.

Mor­de­gai Eras­mus, vo­ri­ge wen­ner van Mos­sel Bay’s Got Ta­lent se op­tre­de was soos al­tyd ‘n wen­ner. Hy was van­jaar saam met die Mos­sel­baai-mu­nis­pa­li­teit se Lin­da Saay­man, ‘n aan­bie­der ty­dens die pro­gram. Mor­de­gai is ‘n boor­ling van die Groot­Brak­ri­vie­rom­ge­wing.

Na af­loop van die ver­skei­den­heids­pro­gram, het al­mal ge­smul aan die pot­jie­kos wat vir die pot­jie­kos­kom­pe­ti­sie voor­be­rei is.

Nog foto’s is be­skik­baar by www. mos­sel­ba­y­ad­ver­ti­ser. com

Foto’s: A­thin­ko­si Go­ni­we en Ro­meo Wag­ner

Le­de van die Mos­sel Bay Har­mo­ny Voi­ces in hul­le tra­di­si­o­ne­le drag, het ook op­ge­tree ty­dens die fees­vie­rin­ge.

Al­te spog­ge­rig in kul­tu­re­le drag by die F­rie­mers­heim-ge­meen­skap­saal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.