Ge­meen­skap gee om vir po­li­sie

Mossel Bay Advertiser - - Briewe | Letters -

Kap­tein Ash­ley Mi­cha­els, skryf: As be­vel­voer­der van die K­waNon­qa­ba-po­li­sie se on­der­soek­een­heid be­dank ek graag die on­der­skeie bor­ge wat by­ge­dra het tot die op­knap­ping van die kan­to­re wat deur die speur­ders ge­bruik word. Le­de van die een­heid het op Maan­dag, 25 Sep­tem­ber hul va­kan­sie­dag prys­ge­gee, die verf­kwas­se op­ge­neem en die al­ge­me­ne kan­toor blink­nuut uit­ge­verf met verf wat be­wil­lig is deur on­der meer Brandt Taxi's, Da­vid P­hi­lips pro­ku­reurs en die Mos­sel Bay Ad­ver­ti­ser se O­li­ver T­wis­t­ge­meen­skaps­pro­jek.

Chris Horn van New Look Kit­chens & Cup­bo­ards se per­so­neel het 'n nu­we ko­syn aan­ge­bring en 'n deur vir die e­nig­ste toi­let vir die on­der­soek­een­heid ver­skaf. Sen­traal Suid Ko­ö­pe­ra­sie het die verf gra­tis tot net die reg­te kleur ge­meng, raads­heer Pe­tru Ter­blan­che, spea­ker van die Raad en die Da­na­baai Har­dwa­re het brood­no­di­ge verf­toe­be­ho­re ver­skaf so­dat die span die verf­werk self kon aan­pak. Ne­st­lé het boon­op brood­no­di­ge stoe­le, twee kas­sies en twee les­se­naars ver­skaf so­dat on­der­soek­be­amp­tes in die nuu­top­ge­knap­te kan­toor be­hoor­lik kan funk­si­o­neer.

Dir­kie van Nie­kerk van die En­gen Een­stop N2 Wim­py en 'n a­no­nie­me borg het vir ver­ver­sings ge­sorg so­dat die in­ner­li­ke ver­sterk kon word na­ma­te die dag ge­vor­der het. Die span kon ge­volg­lik 'n wor­sie op die ko­le gooi om tus­sen­deur die ver­we­ry en te mid­de van die guur weer da­rem ook Braai­dag te ge­niet. Die on­der­skeie le­de en be­vel­struk­tuur van die K­waNon­qa­ba-po­li­sie - ver­al die on­der­soek­een­heid se le­de - be­dank al­mal vir hul by­dra­es, en hul be­reid­wil­lig­heid om be­trok­ke te raak by die po­li­sie­sta­sie wat tot diens van die groot­ste a­rea en dig­be­volk­ste deel van die gro­ter Mos­sel­baai ge­meen­skap is.

Wees ge­rus ver­se­ker van ons vol­ge­houe toe­wy­ding om, waar moont­lik, selfs nog be­ter diens te le­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.