Jong A­ren­de speel tuis in half­eind­stryd

Mossel Bay Advertiser - - Classifieds - An­dré S­tan­der

Die SWD o/20-rug­by­span het Sa­ter­dag­mid­dag vir ‘n tuis half­eind­stryd ge­kwa­li­fi­seer deur die Val­ke op die Bos­man­sta­di­on in Brak­pan met 35-33 te klop.

SWD, wat 10 uit 13 wed­stry­de ge­wen het, is twee­de op die pun­te­leer met 49 pun­te en ‘n pun­te­ver­skil van (60).

Die wed­stryd is in bloe­di­ge hit­te ge­speel en daar moes wa­ter­breu­ke na el­ke 20 mi­nu­te ge­gee word.

Die plan van die af­rig­ters was om op ‘n ont­set­ten­de hoë tem­po te be­gin en dit het uit­ste­kend ge­werk. Na 20 mi­nu­te was die Jong A­ren­de reeds met 20-0 voor en het die Val­ke nie ge­weet wat hul ge­tref het nie.

Na die wa­ter­breuk het die man­ne van Brak­pan te­rug­ge­veg en met rus­tyd was die tel­ling 27-12 met die bo­nus­punt­drie reeds in die sak­kie van die A­ren­de.

Die laas­te 40 mi­nu­te moes die span se ka­rak­ter hul help veg teen die lug­druk. Met vyf mi­nu­te oor het die Val­ke voor­ge­loop met 33-32 en die Jong A­ren­de het met ver­nu­we e­ner­gie be­gin veg.

Met aan­val op aan­val het die Val­ke on­kant ge­gaan en die vu­ri­ge skrum­ska­kel, Dil­lan Ker­spay, het koel­kop die bal deur die pa­le ge­jaag vir ‘n wel­ver­dien­de oor­win­ning.

Ker­spay is ook aan­ge­wys as spe­ler van die wed­stryd. Ay­den Jo­sep­hs (los­ska­kel) het ag­ter­langs die oog ge­vang.

Voor­langs het John Gra­ham Bo­tha (flank) en Den­vir Prins (vas­kop­stut) weer­eens ‘n bars­hou ge­speel.

"Ek gaan Vry­dag­mid­dag (mô­re) wan­neer ons in ons laas­te li­ga­wed­stryd teen Grens op Ou­te­ni­qua­park speel, 'n paar man­ne rus­kans gee," het Ed­die My­ners, hoof­af­rig­ter, na die wed­stryd ge­sê.

Pun­te­ma­kers:

SWD o/20 35(27): Drieë - Lit­hem­ba M­po­li (reg­ter­vleu­el, 2), Den­ver Prins (vas­kop­stut), Ay­den Jo­sep­hs (los­ska­kel), Ja­y­win Pe­ter­sen (lin­ker­vleu­el). Ro­nal­do Jan­sen (heel­ag­ter slaag met twee doel­skop­pe en ‘n straf­doel en Dil­lan Ker­spay (skrum­ska­kel) k­lits ook ‘n straf­doel oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.