VLV Vo­ël­vlei sluit 2017 vro­lik af

Mossel Bay Advertiser - - News -

Met hul­le pas af­ge­lo­pe ver­ga­de­ring, het die VLV Vo­ël­vlei se pro­gram vir 2017 ten ein­de ge­loop. Die vroue het op Dins­dag, 10 Ok­to­ber by­me­kaar­ge­kom by die Han­sie en G­rie­tjie Pad­stal, net bui­te V­lees­baai vir ‘n vro­li­ke kui­er­tjie rond­om keu­rig ge­dek­te ta­fels.

Agt le­de wat ge­trou el­ke ver­ga­de­ring ge­du­ren­de 2017 by­ge­woon het, word be­loon met ‘n le­pel­tjie en die vroue word be­dank vir hul lo­ja­li­teit en toe­wy­ding.

Ver­skeie toe­ken­nings is aan die vroue ge­maak wat ge­du­ren­de 2017 ge­reeld aan die ver­skil­len­de kom­pe­ti­sies deel­ge­neem het. Ada Ge­ric­ke ver­o­wer die eer­ste plek met die mees­te in­skry­wings. An­na Ma­rie van der Mer­we was t­wee­de en Mien Nau­de, der­de.

Johle­ne Mul­ler dra ‘n spe­si­a­le bood­skap oor aan Jo­an Mul­ler wat bin­ne­kort haar 90ste ver­jaars­dag vier en reeds 57 jaar lid van die Vroue Land­bou Ver­e­ni­ging (VLV) is. Sy woon die maan­de­lik­se ver­ga­de­rings ge­reeld by en het tot on­langs ge­help met die brei van blok­ke vir kom­ber­sies vir Kan­sa.

"Daar word reeds be­plan en ge­werk aan die pro­gram vir 2018 en ons glo dat die maan­de­lik­se by­een­koms ‘n hoog­te­punt vir die vroue van Vo­ël­vlei sal wees," be­rig E­li­ze Moc­ke van dié tak.

Jo­an Mul­ler is al 57 jaar lank ‘n lid van die VLV en vier eers­daags haar 90ste ver­jaars­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.