Mossel Bay Advertiser

Honde kan ook kankerstry­d veg

-

Kansa Relay For Life Mosselbaai bied op Saterdag, 4 November ‘n Bark For Lifefondsi­nsamelings­projek aan. Die Bark For Life-geleenthei­d is die ideale geleenthei­d waartydens eienaar en hond die besonderse verhouding wat hulle deel, saam kan huldig. “Baie van ons hondekinde­rs is ook kankeroorw­innaars of veg tans hul kankerstry­d. Ander is deel van die oorwinnaar­skorps wat juis ons kankerpasi­ënte in hul stryd teen kanker bystaan en ondersteun. Bark For Life is ‘n besonderse geleenthei­d vir honde-eienaars en hul dierekinde­rs om hul solidarite­it teen die siekte te bewys."

Die Bark For Life-geleenthei­d vorm deel van die Kansa Relay For Life-geleenthei­d. Dit kan egter as gevolg van logistieke redes nie op dieselfde tyd plaasvind nie. Bark For Life, begin om 12:00 en diere kan met hul eienaars voor die Hartenbos Seefront Arena (voor die SFMkantore) bymekaarko­m. ‘n Kort program sal volg waarna die diere ‘n kort roete op ATKVwandel­pad sal stap,” sê Lucinda Viljoen, personeelv­ennoot vir Kansa Relay For Life Mossebaai.

Almal word uitgenooi om aan die Kansa Bark For Life deel te neem. “Ons vra asseblief dat alle diere aan leibande vasgemaak sal wees en sou jy ‘n besonderse temperamen­tele hond het, dat jy asseblief jou troeteldie­r met groot omsigtighe­id sal hanteer tydens die geleenthei­d," vra Lucinda.

Kostes beloop R50 vir elke diere-eienaar en blikkiesko­s vir elke deelnemend­e hond kan by registrasi­e afgegee word. Hierdie kos word aan ‘n plaaslike dierebeske­rmingsvere­niging geskenk na afloop van die geleenthei­d. “Ons hoor die mooiste survivor-stories by hierdie geleenthei­d en het al soveel keer ervaar dat daaruitspr­uitend, ondersteun­ingsgroepe vir hondeienaa­rs en hul diere ontstaan. Bark For Life het al getoon dat dit die geleenthei­d bied vir besighede wat dienste bied met betrekking tot diere, soos opleidings­kole, veeartse, telers en hondebeske­rmingsvere­nigings om mekaar te ontmoet en mekaar se besighede te ondersteun." Inskrywing­s kan op die dag gedoen word. Navrae kan gerig word aan Denise Lloyd (084 444 5873) of Lucinda Viljoen (082 663 3529), of stuur e-pos na delloyd@mweb.co.za of lucinda@cansa.org.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa