Oak­da­le neem deel aan in­ter­sko­le

Mossel Bay Advertiser - - Schools -

Die 30ste in­ter­sko­le tus­sen twee land­bou­sko­le, Oak­da­le en Bo­land, is on­langs ge­hou.

Groot ge­tal­le toe­skou­ers het ge­deel in die goeie gees en at­mos­feer wat ty­dens die dag op Oak­da­le ge­heers het. Die skool­gees en trots van leer­ders van bei­de sko­le was dui­de­lik sig­baar ty­dens hul op­tre­de op die pa­wil­joen en het ook ge­wys in die in­ten­si­teit van die leer­ders se spel.

Oak­da­le het 18 wed­stry­de ty­dens die dag ge­speel en 12 hier­van ge­wen.

Dit was eg­ter die o/19A-span se wed­stryd wat sou be­paal of die Oak­da­lers hul tra­di­si­o­ne­le bul­ring kon maak. Af­ge­sien van dui­sen­de toe­skou­ers op die pa­wil­joen en om die veld, kon die he­le Suid-A­fri­ka dit ook op te­le­vi­sie dop­hou. Na ‘n baie goeie eer­ste helf­te waar die Oak­da­lers met 14-3 voor­ge­loop het, was dit die Bo­lan­ders wat met krag groot druk op die Oak­da­lers toe­ge­pas het.

Met een mi­nuut speel­tyd oor is ‘n straf­skop aan Bo­land skuins voor die Oak­da­le-doel­pa­le toe­ge­ken en dit was die Oak­da­lers wat in sak en as op hul knieë neer­ge­val het. Die los­ska­kel van Bo­land het eg­ter die skop ge­mis en die Oak­da­lers het die in­ter­sko­le ge­wen met 14-12. Oak­da­le be­dank die ge­meen­skap van Ri­vers­dal vir hul lo­ja­le on­der­steu­ning.

• Meer fo­to’s: www.mos­sel­ba­y­ad­ver­ti­ser.com

Leer­ders vorm die be­ken­de bul­ring.

Jay-Cee Nel, Oak­da­le se o/19Arug­by­kap­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.