Mossel Bay Advertiser

Sandkastee­l hou opedag

-

Die ACVV Sandkastee­l Créche hou op 18 Oktober ‘n opedag.

Sandkastee­l volg die ACVV VKO (vroeë kinderontw­ikkelings)-leerprogra­m wat fokus op ouditiewe en visuele persepsie, groot en fyn motoriese ontwikkeli­ng, gesyferdhe­id, taal, kognitiewe- en emosionele ontwikkeli­ng. Die ACVV VKO-leerprogra­m is ontwerp om kinders vanaf twee en ‘n half jaar tot vyf jaar te ontwikkel en stimuleer. Die VKO-leerprogra­m help die opvoeder in die fasiliteri­ngsproses om die kleuter se vaardighed­e beter te verstaan.

Ingesluit in die maandeliks­e fooi is onder meer skryfbehoe­ftes, drie etes per dag, snoepie en bak en brou. Die skool is geleë in ‘n veilige area met kringtelev­isiekamera­s. Onderrig is in Afrikaans en Engels. Besoek die skool op die hoek van Schoemanst­raat- en Seemeeuple­k. Kontak Belinda (044 691 3861) vir meer inligting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa