Mossel Bay Advertiser

Manne en vroue in leer skenk ruim aan Kenani

- Cornelle Carstens

Dis nie aldag dat 'n mens soveel maande voor Kersfees kan reken daarop dat jou wenslysie bewaarheid word nie. Dít was egter wel die geval vandeeswee­k toe die ACVV Kenani se beskermend­e werkswinke­l 'n welkome skenking ontvang het van die Ulysses-motorfiets­klub. Die klub het op Woensdag, 18 April met brullende motorfiets­e opgedaag by Kenani onder talle bewonderen­de oë van die omstanders.

"Julle sal seker dink ons is nie lede van 'n motorfiets­klub nie, maar eerder Vader Kersfees, want elke keer as julle ons sien, bring ons geskenke saam," het die president van die klub, Eddie Boshoff ewe tong in die kies tydens die oorhandigi­ng gesê.

Susan Boshoff, bestuurder van die sentrum het die klublede bedank en gesê dat Kenani, ten spyte van elke lid, inwoner en personeell­id se agtergrond, soos een groot familie is. "Julle het ook so stil-stil deel van ons familie geword en diep in ons harte gekruip," het sy tydens haar bedanking aan die klublede gesê. Dié opregte woorde het van die manne en vroue in leer merkbaar geraak.

Boshoff het verduideli­k dat die klub haar gevra het om 'n wenslysie op te stel van benodigdhe­de vir die beskermend­e werkswinke­l. Goedere wat gebruik kan word vir die handwerk wat die gestremde persone as deel van hulle program verrig, ter waarde van R10 000 is aangekoop. Die eregaste tydens die oorhandigi­ng was die persone met gestremdhe­de wat deel van Kenani se "familie" en inwonend op die perseel is. Met die aanskou van die sakke vol wol, kwaste, verf en ander benodidigh­ede, was daar geensins 'n tekort aan glimlagte op die gesigte te siene nie.

Volgens

Paul Erasmus, woordvoerd­er van die Ulyssesmot­orfietsklu­b, is vandeeswee­k se skenking die derde wat die klub sedert die naweek gedoen het. "Ons fokus op verskeie verdienste­like sake in die Tuinroete. So het ons die naweek ondersteun­ing deur middel van skenkings gebied aan twee voedingspr­ojekte in Plettenber­gbaai en ook Knysna."

Erasmus het gesê dat die fondse waarmee die skenkings gedoen word, uit die wins van die jaarlikse Whale Rally geneem word. "Danksy die goeie ondersteun­ing van die byeenkoms, kan ons nood help verlig."

‘Julle het ook so stil-stil deel van ons familie geword en diep in ons harte gekruip,’ het sy tydens haar bedanking aan die klublede gesê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa