Mossel Bay Advertiser

Selfoondie­fstal ‘n ernstige tendens

- Cornelle Carstens

Onder die etlike sake aangemeld by polisiesta­sies in Mosselbaai na afloop van die naweek, is selfoondie­fstal onder die mees algemene.

Sake wat aangemeld is by die Da Gamaskop-polisiesta­sie sluit in 'n voorval by die D'Almeida-kliniek waartydens 'n geneeskund­ige sy selfoon vir 'n paar oomblikke neergesit het om 'n pasiënt te roep en met sy terugkeer, was die foon weg.

In 'n ander voorval, het 'n man glo naby die polisiesta­sie op 'n saamrygele­entheid gewag met sy selfoon in die hand, toe 'n verdagte dit by hom afgeneem en daarmee weggehardl­oop het.

In ander voorvalle, soos ook aangemeld by die KwaNonqaba-polisiesta­sie, word voetganger­s laataand onderweg vanaf kuierplekk­e van hulle selfone en ander waardevoll­e items beroof.

"Moenie jou selfoon êrens neersit, selfs net vir 'n oomblik nie. Moet dit nooit openlik vertoon nie. Self in jou broeksak, kan 'n selfoon se liggie 'n lokaas wees vir kriminele elemente," sê kapt Wollie Fourie, kommunikas­iebeampte van die Da Gamaskop-polisie.

"'n Mens kan jouself afvra of jy 'n R200noot openlik êrens sal laat lê. Waarom dit met 'n selfoon, wat veel meer werd is doen?"

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa