Mossel Bay Advertiser

Verdagte in aanhouding na roof en aanranding

- Louise Karsten

'n Verdagte (33) het op Maandag, 16 April in die Mosselbaai-landdrosho­f verskyn in verband met die roof en aanranding van 'n bejaarde inwoner by sy huis in Ryk Tulbachstr­aat in Da Nova twee weke gelede.

Volgens die Mosselbaai-polisiesta­sie se woordvoerd­er, ao Pieter Koekemoer is die slagoffer met 'n stomp voorwerp aangerand en het hy kopbeserin­gs opgedoen.

Die voorval het om ongeveer 07:30 gebeur. 'n Op en wakker buurman het die verdagte met gesteelde goedere by die erf sien uithardloo­p en 'n boodskap op die plaaslike buurtwag se WhatsApp-groep gelos. Die sekuriteit­smaatskapp­y, ADT was binne drie minute op die toneel waarna die Mosselbaai-polisie en die provinsial­e verkeer oor die voorval ingelig is.

Die Mosselbaai-polisie het die voorval ondersoek en verskeie leidrade opgevolg. "Ons span het saamgewerk om die verdagte vas te trek," sê ao Koekemoer. Die saak is uitgestel na 23 Julie en die verdagte bly in aanhouding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa